AfriForum en die Laerskool Boerefort in Pretoria het vandeesweek ’n herwinningsprojek by dié skool van stapel gestuur. AfriForum het herwinningspunte op die skoolterrein aangebring waar onder meer glas, papier, plastiek en metaal herwin kan word. Fondse wat uit die projek geïn word, sal aangewend word om AfriForum se buurtspanne verder uit te brei. Besoek www.afriforum.co.za om meer uit te vind.
