Forum Nuus: AfriForum behaal sukses in Welkom

Die uitdagings in Welkom is groot en die hande om die werk te doen min, maar die AfriForum-tak in die dorp het reeds baie sukses behaal. AfriForum het druk op die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestande van die vullisterreine in Welkom en Odendaalsrus. Daar is reeds beter toegangsbeheer en organisasie by hierdie terreine. So ook het AfriForum die rioolprobleem in Welkom gepak en gehelp om blokkasies in pype te verwyder. Klagtes is ook teen die munisipale bestuurder ingedien oor die wanfunksionering van die rioolwerke.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.