Forum Nuus: AfriForum en Indonsa Yesizwe gedenk koning Dinuzulu kaCetshwayo se dood 19-10-2023

AfriForum en die Zoeloe-koninkryk se ideesentrum Indonsa Yesizwe het gister (18 Oktober) die nalatenskap van koning Dinuzulu kaCetshwayo gedenk deur ’n begraafplaas op ’n plaas buite Middelburg, waar ’n aantal van sy direkte familielede begrawe is, saam skoon te maak. Koning Dinuzulu is op 18 Oktober 1913, gister presies 110 jaar gelede, op dié plaas oorlede. Hierdie Zoeloe-koning is ná die Bambata-rebellie van 1906 tronkstraf opgelê en genl. Louis Botha het destyds ’n sleutelrol gespeel in sy vrylating. Hy was welbekend aan Botha omdat Botha as ’n jongman deel van die kommando van kmdt. Lucas Meijer was wat koning Dinuzulu bygestaan het tydens die oorwinning oor die Mandlakazi, ’n Zoeloe-faksie, tydens die Slag van Spookberg (Tshaneni) in 1884. Volgens Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, is daar verskeie voorbeelde van goeie verhoudings tussen kultuurgemeenskappe in die geskiedenis. “Gesamentlike projekte vorm deel van AfriForum se poging om ’n netwerk van kultuurgemeenskappe te bou wat mekaar kan ondersteun in ons strewe om voluit as kultuurgemeenskappe hier aan die suidpunt van Afrika te lewe.”

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.