SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum takel slaggate in Julie 27-06-2024
0
01:44

Forum Nuus: AfriForum takel slaggate in Julie 27-06-2024

AfriForum het vandag die organisasie se nasionale slaggatmaandprojek afgeskop deur twee reuseslaggate in Pretoria-Noord te herstel. AfriForum-takke landwyd gaan van aanstaande week af slaggate in hul onderskeie areas herstel om paaie veiliger en rybaar vir motoriste te maak.
Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024
0
03:56

Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024

AfriForum het vandag ’n waterberaad in Centurion gehou waartydens die land se waterkrisis bespreek is. Verskeie kenners, waaronder afgevaardigdes van die Departement van Water en Sanitasie, het hul kennis en oplossings vir dié krisis gedeel. AfriForum het ook verduidelik presies hoe die organisasie beplan om watersekerheid oor die land heen te verseker. Uit die beraad […]
Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024
0
03:05

Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024

AfriForum Sakenetwerk het gister hul jaarlikse Entrepreneur van die Jaar-kompetisie afgeskop. Inskrywings vir hierdie kompetisie, wat in samewerking met Akademia aangebied word, is reeds oop en sluit op 29 Julie. Die wenner van vanjaar se kompetisie stap weg met R50 000 kontant, asook ’n mediapakket van Maroela Media ook ter waarde van R50 000. Die […]
Forum Nuus: SOS bemagtig skole om meer staatsbestand te wees 12-06-2024
0
03:14

Forum Nuus: SOS bemagtig skole om meer staatsbestand te wees 12-06-2024

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse leierskapkongres is Dinsdag in Midrand gehou waar verskeie onderwerpe, insluitende die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswette (beter bekend as die Bela-wetsontwerp), bespreek is. Skole is raad gegee oor hoe om hulself meer staatsbestand te maak.
Forum Nuus: AfriForum stig eerste privaat brandweer in Bloemfontein 05-06-2024
0
03:11

Forum Nuus: AfriForum stig eerste privaat brandweer in Bloemfontein 05-06-2024

AfriForum het gister in samewerking met Fire Ops dié burgerregteorganisasie se eerste privaat brandweerdiens in Bloemfontein van stapel gestuur. AfriForum-lede in die omgewing en ander intekenaars sal toegang tot dié diens hê. Hierdie is, buiten die organisasie se vullisverwyderingsdiens, nog ’n diens wat gelewer word weens die swak dienslewering wat inwoners van Bloemfontein van die […]
Forum Nuus: Inwoners van Parys betoog oor water 23-05-2024
0
04:11

Forum Nuus: Inwoners van Parys betoog oor water 23-05-2024

AfriForum, Save Ngwathe, Metsi Pongpong en ontstoke gemeenskapslede van Parys, Tumahole en Schonkenville het vandag na die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se kantoor in Parys opgeruk oor dié munisipaliteit se onvermoë om skoon drinkwater aan inwoners te lewer. ’n Ingenieursverslag en ’n memorandum, waarin eise vir die dringende oplossing van die waterkrisis in Parys en die […]
Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug
0
00:52

Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug

Die boodskap van AfriForum Jeug se protesaksie by die Departement van Basiese Onderwys in Pretoria is eenvoudig dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) boos is en nie ingestel moet word nie. AfriForum Jeug glo skoolbeheerliggame moet self oor hul skole se onderrigtaal kan besluit.
AfriForum en Saai help Barolong met landbouprojek om boerdery winsgewend te maak 08-05-2024
0
03:53

AfriForum en Saai help Barolong met landbouprojek om boerdery winsgewend te maak 08-05-2024

’n Gesamentlike inkubasieprojek van inheemse veldbokke in die Barolong Boo Seleka-koninkryk by Thaba’Nchu, oos van Bloemfontein in die Vrystaat, is vandeesweek van stapel gestuur. AfriForum, die familieboernetwerk Saai en die kantoor van Kgosi Gaboilelwe Moroka het met hierdie projek hande gevat om kleinskaalse boerdery in die omgewing in winsgewende ondernemings te omskep.
Forum Nuus: Skuts skiet pryse ter waarde van byna R600 000 los by Skerpskutskietdag 6-5-2024
0
04:19

Forum Nuus: Skuts skiet pryse ter waarde van byna R600 000 los by Skerpskutskietdag 6-5-2024

Forum Sekuriteit, AfriForum se privaat sekuriteitsmaatskappy, se eerste Skerpskutskietdag, wat Saterdag in Pretoria gehou is, was ’n groot sukses. Meer as 600 kaartjies is vir die dag verkoop en skuts kon beïndruk met hul vernuf op die skietbane. Verskeie invoerders en rolspelers in die veiligheidsbedryf het hul ware uitgestal en gedemonstreer. Die AfriForum-veiligheidstudietrust, wat deur […]
Forum Nuus: Die Kaplyn weer te sien by AfriForum Teater 25-04-2025
0
04:04

Forum Nuus: Die Kaplyn weer te sien by AfriForum Teater 25-04-2025

Die musiekblyspel Die Kaplyn is van 26 April tot 9 Junie terug op die AfriForum Teater-verhoog. Die Kaplyn, wat handel oor die gebeure tydens die Grensoorlog in die 1980’s, is ’n storie vol lewenslesse, gesinne se opofferings en daar is ’n sterk fokus op die verhoudings tussen gesinslede. Dié musiekblyspel is vir sewe Naledi-toekennings benoem […]
Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024
0
03:35

Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024

Die AfriForum-tak in Parys het ’n spreekwoordelike begrafnis gehou vir dienslewering. Hierdie dorp en verskeie ander wat onder die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit val gaan gebuk onder swak of geen dienslewering met sommige inwoners wat al by tye vir weke aaneen nie water in hul krane gehad het nie of gereeld met kragonderbrekings sukkel.
Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024
0
02:27

Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024

AfriForum Jeug het vandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger by die Uniegebou oorhandig waarin ’n beroep opnuut op president Cyril Ramaphosa gedoen word om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (oftewel Bela-wet) in sy geheel te skrap. AfriForum Jeug voer in die memorandum aan dat dié wetsontwerp ’n direkte aanval op moedertaalonderrig in die algemeen is, […]
Forum Nuus: AfriForum vier 18 geseënde jare 26-03-2024
0
08:21

Forum Nuus: AfriForum vier 18 geseënde jare 26-03-2024

AfriForum vier vandag sy 18de bestaansjaar en daar kan met reg gesê word dat dié burgerregteorganisasie oor die jare heelwat vermag het. Hierdie organisasie veg sedert 2006 vir die behoud van Afrikaans en vir minderheidsregte. AfriForum het die afgelope 18 jaar ook kaalvuis ingeklim om op te staan teen plaasmoorde en rassisme. Kallie Kriel, Alana […]
Forum Nuus: Matriekleerders borrel oor hul toekoms 19-03-2024
0
04:09

Forum Nuus: Matriekleerders borrel oor hul toekoms 19-03-2024

Ongeveer 50 matriekleerders het vandag AfriForum Jeug en AfriForum se jeugleierskapafdeling se Toekomsskeppers-geleentheid bygewoon. Tydens hierdie geleentheid het dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging, en Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Jeug, met die matrieks gesels oor hul toekoms, om eienaarskap te neem van besluite en die toekoms, asook hoe om die verskil te […]
Forum Nuus: ‘Ons gaan ’n harde vel moet hê’ 04-03-2024
0
04:22

Forum Nuus: ‘Ons gaan ’n harde vel moet hê’ 04-03-2024

AfriForum en die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit het vandag hul samewerking op grondvlak geformaliseer met die ondertekening van ’n historiese memorandum van verstandhouding. Dié ooreenkoms is daarop gemik om gemeenskapsbetrokkenheid te bewerkstellig.
Forum Nuus: Tinteltong Toekennings trek nuwe baadjie aan; beloon 50 ondernemings 22-2-2024
0
03:34

Forum Nuus: Tinteltong Toekennings trek nuwe baadjie aan; beloon 50 ondernemings 22-2-2024

AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings, wat innoverende Afrikaanse ondernemings beloon, word vanjaar in streeksverband aangebied. Dit is die negende keer wat hierdie toekenningsgeleentheid aangebied word en ook die eerste keer dat 50 ondernemings toekennings ontvang. Die toekennings is reeds in Potchefstroom en in Pretoria aangebied en sal ook in Groot-Brakrivier, Durbanville en Kimberley aangebied word. […]
Forum Nuus: AfriForum Jeug-lede tydens kongres bemagtig om ’n verskil te maak 05-02-2024
0
03:29

Forum Nuus: AfriForum Jeug-lede tydens kongres bemagtig om ’n verskil te maak 05-02-2024

AfriForum Jeug-lede van regoor die land het die afgelope naweek dié organisasie se jaarlikse kongres net buite Parys bygewoon. Tydens hierdie kongres is die jeug met kennis en vaardighede bemagtig wat hulle weer by hul onderskeie AfriForum Jeug-takke kan gaan aanwend. Sessies is aangebied om die jeuglede te help om onder meer hul takprojekte beter […]
Forum Nuus: Privaat kliniek in Diepsloot deel AfriForum se vrese oor NGV 29-01-2024
0
04:00

Forum Nuus: Privaat kliniek in Diepsloot deel AfriForum se vrese oor NGV 29-01-2024

Nasionale Gesondheidsversekering hou verskeie nadele in vir mediese dienste in die land en daarom het AfriForum in Diepsloot gaan kyk hoe lyk en werk bekostigbare privaat mediese sorg in ’n lae inkomste area. Tydens ’n besoek aan die Unjani-kliniek by die Diepsloot-winkelsentrum het die eienaar van dié kliniek gesels oor die dienste wat by hierdie […]
Forum Nuus: Daar is rede vir hoop in 2024, sê Kallie Kriel 15-01-2024
0
03:51

Forum Nuus: Daar is rede vir hoop in 2024, sê Kallie Kriel 15-01-2024

Alhoewel dit belangrik is vir burgers om in vanjaar se verkiesing vir ’n opposisieparty te stem, is dit nie al wat gedoen kan word om die land reg te ruk nie, sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in sy nuwejaarsboodskap. In 2024 gaan AfriForum voortbou op verlede jaar se suksesse en daar gaan nie […]
Forum Nuus: Vetkoekpaleis II binnekort op AfriForumTV beskikbaar 11-12-2023
0
04:41

Forum Nuus: Vetkoekpaleis II binnekort op AfriForumTV beskikbaar 11-12-2023

Die ou bekende en uiters gewilde TV-reeks Vetkoekpaleis is teen die einde van dié week met splinternuwe episodes op AfriForumTV te sien. AfriForum Teater is vir die verfilming in die legendariese Vetkoekpaleis-restaurant omskep en die tien nuwe episodes is voor ’n gehoor opgeneem. Willie Esterhuizen is weer te sien as Worsie en Helené Truter as […]