Forum Nuus: SA se vullisterreine in haglike toestand 30-07-2024

AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag by die munisipale vullisterrein in Bethal bekendgestel. Hierdie verslag skets ’n haglike prentjie wat vullisbestuur in die land betref. Uit die 189 vullisterreine wat AfriForum-takke landwyd geoudit het, het slegs 27 (14,3%) aan 80% of meer van die ouditvereistes voldoen. AfriForum onderneem jaarliks hierdie oudits omdat geen ander data oor die land se vullisbestuur beskikbaar is nie. Volgens die burgerregteorganisasie moet munisipaliteite dringend tot verantwoording geroep word sodat die land se vullis beter bestuur kan word.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.