Forum Nuus: #RedPretoria – Hou stad uit ANC-EFF-hande, vra inwoners 17-09-2024

AfriForum het vandag ’n petisie met meer as 17 000 Pretorianers se name aan die koalisievennote in dié stad oorhandig as deel van dié organisasie se #RedPretoria-veldtog. AfriForum het sowat twee weke gelede dié petisie van stapel gestuur om inwoners van die stad die geleentheid te gee om hul stem te voeg by ander wat besorg is dat die stad in die hande van ’n ANC-EFF-koalisie gaan beland. Dit volg nadat ActionSA uit die koalisie met die DA, VF Plus, IVP en die ACDP onttrek het. AfriForum het ook met hierdie veldtog ’n beroep op ActionSA gedoen om in belang van die inwoners, hul besluit om uit die veelpartykoalisie te onttrek, te heroorweeg. Om jou naam by die petisie te voeg besoek www.redpretoria.co.za.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.