SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Danie en Moskou van Spoegwolf bied nuwe kosprogram op AfriForumTV aan 01-11-2024
0
02:54

Forum Nuus: Danie en Moskou van Spoegwolf bied nuwe kosprogram op AfriForumTV aan 01-11-2024

Kom reis deur die land saam met Danie en Moskou du Toit van Spoegwolf in die splinternuwe program Ons kos op AfriForumTV waartydens hulle die oorsprong van tradisionele Afrikaanse kosse ontdek. Danie en Moskou deel tydens elke episode staaltjies en ervarings terwyl hulle die heerlikste kos voorberei. Hulle deel ook die resepte sodat kykers hierdie […]
Forum Nuus: Herdenkingsgeleentheid bevorder verhouding tussen Afrikaners en Zoeloes 21-10-2024
0
03:27

Forum Nuus: Herdenkingsgeleentheid bevorder verhouding tussen Afrikaners en Zoeloes 21-10-2024

AfriForum en die KwaZulu-Natal Amafa- en Navorsingsinstituut het Vrydag ’n herdenkingsgeleentheid op die plaas Rietfontein (KwaThengisangaye) buite Middelburg, Mpumalanga, gehou ter nagedagtenis aan die voormalige Zoeloekoning koning Dinuzulu (1868-1913). Tydens die herdenking is die geskiedenis van koning Dinuzulu en die goeie verhoudinge wat hy met Afrikaners gehad het, in herinnering geroep. Een van die merkwaardigste […]
Forum Nuus: Eienaar van Craft braai aangewys as Entrepreneur van die Jaar 03-10-2024
0
04:28

Forum Nuus: Eienaar van Craft braai aangewys as Entrepreneur van die Jaar 03-10-2024

AfriForum Sakenetwerk het gisteraand in samewerking met Akademia die wenner van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys. Awie Krog van Craft braai het met dié gesogte titel weggestap, asook met R50 000 kontant, ’n mediapakket van Maroela Media en ander pryse van meer as R200 000. Die beoordelaars van vanjaar se kompetisie was Charl Oberholzer, […]
Forum Nuus: #RedPretoria – Hou stad uit ANC-EFF-hande, vra inwoners 17-09-2024
0
02:03

Forum Nuus: #RedPretoria – Hou stad uit ANC-EFF-hande, vra inwoners 17-09-2024

AfriForum het vandag ’n petisie met meer as 17 000 Pretorianers se name aan die koalisievennote in dié stad oorhandig as deel van dié organisasie se #RedPretoria-veldtog. AfriForum het sowat twee weke gelede dié petisie van stapel gestuur om inwoners van die stad die geleentheid te gee om hul stem te voeg by ander wat […]
Forum Nuus: Ontmoet jong, belowende entrepreneurs in nuwe AfriForumTV-reeks 06-09-2024
0
04:04

Forum Nuus: Ontmoet jong, belowende entrepreneurs in nuwe AfriForumTV-reeks 06-09-2024

Die Korf, ’n splinternuwe Afrikaanse reeks, is gisteraand tydens ’n glansgeleentheid by West Café in Pretoria bekendgestel. Hierdie reeks stel jong entrepreneurs van laer- en hoërskole aan kykers bekend en bestaan uit agt episodes wat deur Bernice West en haar broer Renier aangebied word. Die entrepreneurs gesels in dié reeks oor hul sake-idees en die […]
Forum Nuus: AfriForum wil 1 000 bome in September plant 03-09-2024
0
01:31

Forum Nuus: AfriForum wil 1 000 bome in September plant 03-09-2024

AfriForum en die organisasie se meer as 160 takke landwyd plant elke jaar gedurende September bome om ’n blywende impak op die natuur te maak. Vanjaar se projek is in Bronkhorstspruit afgeskop waar vrugtebome by die Eden Gemeente geplant is. Gemeenskappe word met hierdie projek bewus gemaak van die belangrikheid van volhoubare omgewingspraktyke en word […]
Forum Nuus: ’n Netwerk van outonome gemeenskappe wat saamwerk én ’n verskil maak 25-08-2024
0
04:10

Forum Nuus: ’n Netwerk van outonome gemeenskappe wat saamwerk én ’n verskil maak 25-08-2024

AfriForum het tydens sy nasionale kongres wat die naweek by ATKV-Klein-Kariba gehou is uiteenlopende leiers van outonome gemeenskappe byeengebring. Hiertydens is gesprekke gevoer oor die maniere waarop dié gemeenskappe reeds op voetsoolvlak saamwerk en saam ’n verskil maak. AfriForum se afdeling vir Interkulturele Verhoudings en Samewerking werk saam met outonome gemeenskappe landwyd wat, in gevalle […]
Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024
0
04:39

Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024

AfriForum het vandag sy veiligheidsbloudrukplan aan taklede by die organisasie se nasionale kongres buite Bela-Bela bekendgestel. Samewerkingsooreenkomste is reeds met die Kaapstad- en Tshwane-metro onderteken om samewerking in verskeie sfere te bevorder. Die reusetekort aan polisielede en ander uitdagings veroorsaak dat gemeenskapslede toenemend moet ingryp om hul eie en hul gemeenskappe se veiligheid te verseker. […]
Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024
0
01:36

Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024

AfriForum se driejaarlikse kongres het vandag by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela afgeskop met die tema “Gemeenskappe as vierde regeringsfeer”. Met dienslewering wat inwoners toenemend in die steek laat, het dit noodsaaklik geword dat AfriForum-takke en -buurtwagte en gemeenskapslede as vierde regeringsfeer toetree om hul onderskeie gebiede skoon, netjies en veilig te hou. Sprekers gaan kongresgangers […]
Forum Nuus: AfriForum en Mthwakazi KaMzilikazi herdenk gedeelde geskiedenis 20-08-2024
0
02:58

Forum Nuus: AfriForum en Mthwakazi KaMzilikazi herdenk gedeelde geskiedenis 20-08-2024

AfriForum en die Mthwakazi KaMzilikazi het op 17 Augustus die Slag van Mosega-monument buite Zeerust skoongemaak. Die Mthwakazi KaMzilikazi is histories die Matabele genoem en staan ook bekend as die Ndebele van Mzilikazi. Tydens die Slag van Vegkop op 16 Oktober 1836 is die Potgieter-trek deur ’n mag van koning Mzilikazi aangeval en van al […]
Forum Nuus: AfriForum toets in Augustus dorpe se water en verwerkte riool
0
01:43

Forum Nuus: AfriForum toets in Augustus dorpe se water en verwerkte riool

Alhoewel die Departement van Water en Sanitasie die afgelope twee jaar weer begin het om sy blou- en groendruppelverslag saam te stel, toets AfriForum steeds jaarliks dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool (groendruppel) vir die burgerregtewaghond se blou-en-groendruppelverslag. AfriForum se takke gaan daarom gedurende Augustus die onderskeie dorpe se drinkwater en verwerkte riool toets […]
Forum Nuus: SA se vullisterreine in haglike toestand 30-07-2024
0
03:34

Forum Nuus: SA se vullisterreine in haglike toestand 30-07-2024

AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag by die munisipale vullisterrein in Bethal bekendgestel. Hierdie verslag skets ’n haglike prentjie wat vullisbestuur in die land betref. Uit die 189 vullisterreine wat AfriForum-takke landwyd geoudit het, het slegs 27 (14,3%) aan 80% of meer van die ouditvereistes voldoen. AfriForum onderneem jaarliks hierdie oudits omdat geen ander data […]
Forum Nuus: AfriForum lê kriminele klag teen Malema en Shivambu oor VBS 19-07-2024
0
01:43

Forum Nuus: AfriForum lê kriminele klag teen Malema en Shivambu oor VBS 19-07-2024

Die beplande en herhaalde misdrywe van bedrog, korrupsie en geldwassery wat die EFF-leiers Julius Malema en Floyd Shivambu na bewering gepleeg het, mag moontlik voldoen aan die vereistes vir rampokkery soos dit in die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) vervat is. Dít is die kruks van AfriForum se bewering in die kriminele […]
Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024
0
04:32

Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024

AfriForum en StratCol het gister MSW Ondersteuningsdienste (Edms.) Bpk. in Durbanville bekendgestel aan verskeie maatskappye sonder winsoormerk (MSW’s). MSW Ondersteuningsdienste het ten doel om MSW’s te help deur AfriForum en Stratcol se goed gestruktureerde en suksesvolle model beskikbaar te stel sodat hierdie organisasies in staat sal wees om aan die behoeftes te voldoen van die […]
Forum Nuus: AfriForum Jeug maak studente slaggereed om toekomstige leiers te wees 12-07-2024
0
02:48

Forum Nuus: AfriForum Jeug maak studente slaggereed om toekomstige leiers te wees 12-07-2024

Nege studente van regoor die land het vanjaar AfriForum Jeug se mentorskapweek bygewoon. AfriForum Jeug het hierdie studente op ’n opwindende leerskool van AfriForum se gemeenskapsinisiatiewe en nasionale veldtogte geneem. Hulle het onder meer in Centurion gehelp om vullis te verwyder en te sorteer vir herwinning, maar hulle het ook projekbestuur- en leierskapopleiding ontvang.
Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024
0
03:07

Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024

Kgosi Tshipinare Moroka, die laaste leier van Thaba’Nchu as ’n onafhanklike staat, is met ’n nuwe grafsteen vereer in ’n gesamentlike erfenisprojek van die Barolong Boo Seleka-koninkryk en AfriForum. Kgosi Moroka is 140 jaar gelede vermoor. Hy was geken as ’n inspirerende leier wat noue bande met die Voortrekkers en die Vrystaatse Republiek gevorm het.
Forum Nuus: Geen getjommel met Bloemfontein se rommel 10/07/2024
0
03:15

Forum Nuus: Geen getjommel met Bloemfontein se rommel 10/07/2024

AfriForum lewer sedert 2020 weekliks ’n vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein aangesien die Mangaung-metro soms vir weke aaneen nie hierdie diens lewer nie. Die gebrekkige vullisverwydering het veroorsaak dat inwoners van privaat dienste gebruik maak sodat hulle vullis weekliks verwyder kan word. Die burgerregteorganisasie het buiten hierdie diens ook reeds meer as 650 AfriForum-lede van […]
Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024
0
03:21

Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024

AfriForum se 12de protospanopleiding is pas afgehandel. AfriForum-buurtwagte van regoor die land identifiseer buurtwaglede om dié kursus by te woon om hulle slaggereed te maak vir verskeie situasies waarin hulle hulself mag bevind sodat hulle hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan beskerm. Die kursus bestaan uit teoretiese en praktiese opleiding wat kursusgangers […]