AfriForum se driejaarlikse kongres het vandag by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela afgeskop met die tema “Gemeenskappe as vierde regeringsfeer”. Met dienslewering wat inwoners toenemend in die steek laat, het dit noodsaaklik geword dat AfriForum-takke en -buurtwagte en gemeenskapslede as vierde regeringsfeer toetree om hul onderskeie gebiede skoon, netjies en veilig te hou. Sprekers gaan kongresgangers tot Saterdag toespreek oor onder meer federalisme, die afwenteling van mag, selfbeskikking en die toekoms van water.
