Kgosi Tshipinare Moroka, die laaste leier van Thaba’Nchu as ’n onafhanklike staat, is met ’n nuwe grafsteen vereer in ’n gesamentlike erfenisprojek van die Barolong Boo Seleka-koninkryk en AfriForum. Kgosi Moroka is 140 jaar gelede vermoor. Hy was geken as ’n inspirerende leier wat noue bande met die Voortrekkers en die Vrystaatse Republiek gevorm het.
