’n Gesamentlike inkubasieprojek van inheemse veldbokke in die Barolong Boo Seleka-koninkryk by Thaba’Nchu, oos van Bloemfontein in die Vrystaat, is vandeesweek van stapel gestuur. AfriForum, die familieboernetwerk Saai en die kantoor van Kgosi Gaboilelwe Moroka het met hierdie projek hande gevat om kleinskaalse boerdery in die omgewing in winsgewende ondernemings te omskep.
