Die Korf, ’n splinternuwe Afrikaanse reeks, is gisteraand tydens ’n glansgeleentheid by West Café in Pretoria bekendgestel. Hierdie reeks stel jong entrepreneurs van laer- en hoërskole aan kykers bekend en bestaan uit agt episodes wat deur Bernice West en haar broer Renier aangebied word. Die entrepreneurs gesels in dié reeks oor hul sake-idees en die stappe wat hulle volg om suksesvol te wees. Kyk Die Korf gratis op AfriForumTV.
