Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024

AfriForum Sakenetwerk het gister hul jaarlikse Entrepreneur van die Jaar-kompetisie afgeskop. Inskrywings vir hierdie kompetisie, wat in samewerking met Akademia aangebied word, is reeds oop en sluit op 29 Julie. Die wenner van vanjaar se kompetisie stap weg met R50 000 kontant, asook ’n mediapakket van Maroela Media ook ter waarde van R50 000. Die niekontantpryse beloop meer as R200 000 en word geborg deur Acctiva, Steyn IP en Kwikstert, Wolk-Besigheidsbroeikas, Lizette Volkwyn en Solidariteit. Mentors gaan aan die toptienkandidate toegeken word, wat hulle sal help om ten volle gereed te wees vir die kompetisie.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.