SA-nuus604 Videos

Forum Nuus: ’n Netwerk van outonome gemeenskappe wat saamwerk én ’n verskil maak 25-08-2024
0
04:10

Forum Nuus: ’n Netwerk van outonome gemeenskappe wat saamwerk én ’n verskil maak 25-08-2024

AfriForum het tydens sy nasionale kongres wat die naweek by ATKV-Klein-Kariba gehou is uiteenlopende leiers van outonome gemeenskappe byeengebring. Hiertydens is gesprekke gevoer oor die maniere waarop dié gemeenskappe reeds op voetsoolvlak saamwerk en saam ’n verskil maak. AfriForum se afdeling vir Interkulturele Verhoudings en Samewerking werk saam met outonome gemeenskappe landwyd wat, in gevalle […]
Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024
0
04:39

Forum Nuus: Goeie samewerking bevorder veiligheid 24-08-2024

AfriForum het vandag sy veiligheidsbloudrukplan aan taklede by die organisasie se nasionale kongres buite Bela-Bela bekendgestel. Samewerkingsooreenkomste is reeds met die Kaapstad- en Tshwane-metro onderteken om samewerking in verskeie sfere te bevorder. Die reusetekort aan polisielede en ander uitdagings veroorsaak dat gemeenskapslede toenemend moet ingryp om hul eie en hul gemeenskappe se veiligheid te verseker. […]
Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024
0
01:36

Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024

AfriForum se driejaarlikse kongres het vandag by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela afgeskop met die tema “Gemeenskappe as vierde regeringsfeer”. Met dienslewering wat inwoners toenemend in die steek laat, het dit noodsaaklik geword dat AfriForum-takke en -buurtwagte en gemeenskapslede as vierde regeringsfeer toetree om hul onderskeie gebiede skoon, netjies en veilig te hou. Sprekers gaan kongresgangers […]
Forum Nuus: AfriForum en Mthwakazi KaMzilikazi herdenk gedeelde geskiedenis 20-08-2024
0
02:58

Forum Nuus: AfriForum en Mthwakazi KaMzilikazi herdenk gedeelde geskiedenis 20-08-2024

AfriForum en die Mthwakazi KaMzilikazi het op 17 Augustus die Slag van Mosega-monument buite Zeerust skoongemaak. Die Mthwakazi KaMzilikazi is histories die Matabele genoem en staan ook bekend as die Ndebele van Mzilikazi. Tydens die Slag van Vegkop op 16 Oktober 1836 is die Potgieter-trek deur ’n mag van koning Mzilikazi aangeval en van al […]
Forum Nuus: AfriForum toets in Augustus dorpe se water en verwerkte riool
0
01:43

Forum Nuus: AfriForum toets in Augustus dorpe se water en verwerkte riool

Alhoewel die Departement van Water en Sanitasie die afgelope twee jaar weer begin het om sy blou- en groendruppelverslag saam te stel, toets AfriForum steeds jaarliks dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool (groendruppel) vir die burgerregtewaghond se blou-en-groendruppelverslag. AfriForum se takke gaan daarom gedurende Augustus die onderskeie dorpe se drinkwater en verwerkte riool toets […]
Forum Nuus: SA se vullisterreine in haglike toestand 30-07-2024
0
03:34

Forum Nuus: SA se vullisterreine in haglike toestand 30-07-2024

AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag by die munisipale vullisterrein in Bethal bekendgestel. Hierdie verslag skets ’n haglike prentjie wat vullisbestuur in die land betref. Uit die 189 vullisterreine wat AfriForum-takke landwyd geoudit het, het slegs 27 (14,3%) aan 80% of meer van die ouditvereistes voldoen. AfriForum onderneem jaarliks hierdie oudits omdat geen ander data […]
Forum Nuus: AfriForum lê kriminele klag teen Malema en Shivambu oor VBS 19-07-2024
0
01:43

Forum Nuus: AfriForum lê kriminele klag teen Malema en Shivambu oor VBS 19-07-2024

Die beplande en herhaalde misdrywe van bedrog, korrupsie en geldwassery wat die EFF-leiers Julius Malema en Floyd Shivambu na bewering gepleeg het, mag moontlik voldoen aan die vereistes vir rampokkery soos dit in die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) vervat is. Dít is die kruks van AfriForum se bewering in die kriminele […]
Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024
0
04:32

Forum Nuus: MSW Ondersteuningsdienste help organisasies wat vir ander omgee 18/07/2024

AfriForum en StratCol het gister MSW Ondersteuningsdienste (Edms.) Bpk. in Durbanville bekendgestel aan verskeie maatskappye sonder winsoormerk (MSW’s). MSW Ondersteuningsdienste het ten doel om MSW’s te help deur AfriForum en Stratcol se goed gestruktureerde en suksesvolle model beskikbaar te stel sodat hierdie organisasies in staat sal wees om aan die behoeftes te voldoen van die […]
Forum Nuus: AfriForum Jeug maak studente slaggereed om toekomstige leiers te wees 12-07-2024
0
02:48

Forum Nuus: AfriForum Jeug maak studente slaggereed om toekomstige leiers te wees 12-07-2024

Nege studente van regoor die land het vanjaar AfriForum Jeug se mentorskapweek bygewoon. AfriForum Jeug het hierdie studente op ’n opwindende leerskool van AfriForum se gemeenskapsinisiatiewe en nasionale veldtogte geneem. Hulle het onder meer in Centurion gehelp om vullis te verwyder en te sorteer vir herwinning, maar hulle het ook projekbestuur- en leierskapopleiding ontvang.
Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024
0
03:07

Forum Nuus: Inspirerende Barolong Boo Seleka-leier vereer met nuwe grafsteen 11-07-2024

Kgosi Tshipinare Moroka, die laaste leier van Thaba’Nchu as ’n onafhanklike staat, is met ’n nuwe grafsteen vereer in ’n gesamentlike erfenisprojek van die Barolong Boo Seleka-koninkryk en AfriForum. Kgosi Moroka is 140 jaar gelede vermoor. Hy was geken as ’n inspirerende leier wat noue bande met die Voortrekkers en die Vrystaatse Republiek gevorm het.
Forum Nuus: Geen getjommel met Bloemfontein se rommel 10/07/2024
0
03:15

Forum Nuus: Geen getjommel met Bloemfontein se rommel 10/07/2024

AfriForum lewer sedert 2020 weekliks ’n vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein aangesien die Mangaung-metro soms vir weke aaneen nie hierdie diens lewer nie. Die gebrekkige vullisverwydering het veroorsaak dat inwoners van privaat dienste gebruik maak sodat hulle vullis weekliks verwyder kan word. Die burgerregteorganisasie het buiten hierdie diens ook reeds meer as 650 AfriForum-lede van […]
Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024
0
03:21

Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024

AfriForum se 12de protospanopleiding is pas afgehandel. AfriForum-buurtwagte van regoor die land identifiseer buurtwaglede om dié kursus by te woon om hulle slaggereed te maak vir verskeie situasies waarin hulle hulself mag bevind sodat hulle hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan beskerm. Die kursus bestaan uit teoretiese en praktiese opleiding wat kursusgangers […]
Forum Nuus: AfriForum takel slaggate in Julie 27-06-2024
0
01:44

Forum Nuus: AfriForum takel slaggate in Julie 27-06-2024

AfriForum het vandag die organisasie se nasionale slaggatmaandprojek afgeskop deur twee reuseslaggate in Pretoria-Noord te herstel. AfriForum-takke landwyd gaan van aanstaande week af slaggate in hul onderskeie areas herstel om paaie veiliger en rybaar vir motoriste te maak.
Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024
0
03:56

Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024

AfriForum het vandag ’n waterberaad in Centurion gehou waartydens die land se waterkrisis bespreek is. Verskeie kenners, waaronder afgevaardigdes van die Departement van Water en Sanitasie, het hul kennis en oplossings vir dié krisis gedeel. AfriForum het ook verduidelik presies hoe die organisasie beplan om watersekerheid oor die land heen te verseker. Uit die beraad […]
Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024
0
03:05

Forum Nuus: Skryf nóú in vir gesogte Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 21/06/2024

AfriForum Sakenetwerk het gister hul jaarlikse Entrepreneur van die Jaar-kompetisie afgeskop. Inskrywings vir hierdie kompetisie, wat in samewerking met Akademia aangebied word, is reeds oop en sluit op 29 Julie. Die wenner van vanjaar se kompetisie stap weg met R50 000 kontant, asook ’n mediapakket van Maroela Media ook ter waarde van R50 000. Die […]
Forum Nuus: SOS bemagtig skole om meer staatsbestand te wees 12-06-2024
0
03:14

Forum Nuus: SOS bemagtig skole om meer staatsbestand te wees 12-06-2024

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse leierskapkongres is Dinsdag in Midrand gehou waar verskeie onderwerpe, insluitende die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswette (beter bekend as die Bela-wetsontwerp), bespreek is. Skole is raad gegee oor hoe om hulself meer staatsbestand te maak.
Forum Nuus: AfriForum stig eerste privaat brandweer in Bloemfontein 05-06-2024
0
03:11

Forum Nuus: AfriForum stig eerste privaat brandweer in Bloemfontein 05-06-2024

AfriForum het gister in samewerking met Fire Ops dié burgerregteorganisasie se eerste privaat brandweerdiens in Bloemfontein van stapel gestuur. AfriForum-lede in die omgewing en ander intekenaars sal toegang tot dié diens hê. Hierdie is, buiten die organisasie se vullisverwyderingsdiens, nog ’n diens wat gelewer word weens die swak dienslewering wat inwoners van Bloemfontein van die […]
Forum Nuus: Inwoners van Parys betoog oor water 23-05-2024
0
04:11

Forum Nuus: Inwoners van Parys betoog oor water 23-05-2024

AfriForum, Save Ngwathe, Metsi Pongpong en ontstoke gemeenskapslede van Parys, Tumahole en Schonkenville het vandag na die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se kantoor in Parys opgeruk oor dié munisipaliteit se onvermoë om skoon drinkwater aan inwoners te lewer. ’n Ingenieursverslag en ’n memorandum, waarin eise vir die dringende oplossing van die waterkrisis in Parys en die […]
Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug
0
00:52

Forum Nuus: Stop Bela sê AfriForum Jeug

Die boodskap van AfriForum Jeug se protesaksie by die Departement van Basiese Onderwys in Pretoria is eenvoudig dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) boos is en nie ingestel moet word nie. AfriForum Jeug glo skoolbeheerliggame moet self oor hul skole se onderrigtaal kan besluit.
AfriForum en Saai help Barolong met landbouprojek om boerdery winsgewend te maak 08-05-2024
0
03:53

AfriForum en Saai help Barolong met landbouprojek om boerdery winsgewend te maak 08-05-2024

’n Gesamentlike inkubasieprojek van inheemse veldbokke in die Barolong Boo Seleka-koninkryk by Thaba’Nchu, oos van Bloemfontein in die Vrystaat, is vandeesweek van stapel gestuur. AfriForum, die familieboernetwerk Saai en die kantoor van Kgosi Gaboilelwe Moroka het met hierdie projek hande gevat om kleinskaalse boerdery in die omgewing in winsgewende ondernemings te omskep.
Forum Nuus: Skuts skiet pryse ter waarde van byna R600 000 los by Skerpskutskietdag 6-5-2024
0
04:19

Forum Nuus: Skuts skiet pryse ter waarde van byna R600 000 los by Skerpskutskietdag 6-5-2024

Forum Sekuriteit, AfriForum se privaat sekuriteitsmaatskappy, se eerste Skerpskutskietdag, wat Saterdag in Pretoria gehou is, was ’n groot sukses. Meer as 600 kaartjies is vir die dag verkoop en skuts kon beïndruk met hul vernuf op die skietbane. Verskeie invoerders en rolspelers in die veiligheidsbedryf het hul ware uitgestal en gedemonstreer. Die AfriForum-veiligheidstudietrust, wat deur […]
Forum Nuus: Die Kaplyn weer te sien by AfriForum Teater 25-04-2025
0
04:04

Forum Nuus: Die Kaplyn weer te sien by AfriForum Teater 25-04-2025

Die musiekblyspel Die Kaplyn is van 26 April tot 9 Junie terug op die AfriForum Teater-verhoog. Die Kaplyn, wat handel oor die gebeure tydens die Grensoorlog in die 1980’s, is ’n storie vol lewenslesse, gesinne se opofferings en daar is ’n sterk fokus op die verhoudings tussen gesinslede. Dié musiekblyspel is vir sewe Naledi-toekennings benoem […]
Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024
0
03:35

Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024

Die AfriForum-tak in Parys het ’n spreekwoordelike begrafnis gehou vir dienslewering. Hierdie dorp en verskeie ander wat onder die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit val gaan gebuk onder swak of geen dienslewering met sommige inwoners wat al by tye vir weke aaneen nie water in hul krane gehad het nie of gereeld met kragonderbrekings sukkel.
Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024
0
02:27

Forum Nuus: Vee Bela-wetsontwerp uit, vra jeug aan Ramaphosa 15-04-2024

AfriForum Jeug het vandag ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger by die Uniegebou oorhandig waarin ’n beroep opnuut op president Cyril Ramaphosa gedoen word om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (oftewel Bela-wet) in sy geheel te skrap. AfriForum Jeug voer in die memorandum aan dat dié wetsontwerp ’n direkte aanval op moedertaalonderrig in die algemeen is, […]