Forum Nuus: Blou-en-groendruppeluitslae skets kommerwekkende prentjie oor drinkwater & riool 4-12-24

AfriForum het vandag sy jaarlikse blou-en-groendruppelverslag naby die Percy Stewart-rioolsuiweringsaanleg buite Krugersdorp bekendgestel. Die verwerkte rioolwater wat deur hierdie rioolsuiweringsaanleg in die omgewing gestort word, het vanjaar – vir die derde agtereenvolgende jaar – nie aan die minimum standaarde voldoen nie. Slegs 13% van verwerkte rioolwater, wat by rioolaanlegte landwyd getoets is, het aan die voorgeskrewe standaarde voldoen. Wat die bloudruppeluitslae (drinkwater) betref, was net 87% van die drinkwater wat AfriForum-takke getoets het, veilig vir menslike gebruik. Aangesien die afgelope vyf jaar se uitslae byna geen verbetering toon nie, kan daar, volgens Marais de Vaal, raadgewer vir Omgewingsake by AfriForum, verwag word dat ’n gebrek aan toegang tot skoon drinkwater en die besoedeling van natuurlike waterbronne in die toekoms selfs meer gaan toeneem.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.