Die voormalige Clover-werknemers Mohale Shokane en Vusumuzi Duumba is lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die wrede moorde in 2022 op die sekuriteitswagte Terence Tegg en JJ Cassanga. Tegg en Cassanga is tydens ’n staking met klippe bestook en met verskeie voorwerpe aangeval. Tegg is dieselfde dag aan sy beserings dood en Cassanga ’n paar maande later. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Tegg se verloofde Michele Bebbington ondersteun vandat die saak in die Tembisa Landdroshof begin het totdat die saak gister in die Johannesburgse Hooggeregshof afgehandel is.
