AfriForum Jeug het vandag ’n reusesakrekenaar aan Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, se kantoor oorhandig om die eenvoudige wiskunde aan hom te verduidelik: Daar is nou nege minder openbare skole in Gauteng as in 2014 ondanks beloftes van Lesufi dat een skool per week gebou sal word.
