SA-nuus605 Videos

Forum Nuus: Nuwe era ingelui met unieke sertifikaat vir tuisversorging
0
03:02

Forum Nuus: Nuwe era ingelui met unieke sertifikaat vir tuisversorging

Versorging is ’n beroep waarop mense dikwels neerkyk totdat hulle dit egter self nodig het. Solidariteit Helpende Hand het onlangs sy eerste groep vroue wat as geakkrediteerde tuisversorgers opgelei is, vereer. Altesaam 17 studente het vanjaar dié tuisversorgingsopleidingsprogram, ’n eerste van sy soort, in onderskeidelik Bloemfontein en Pretoria suksesvol voltooi en hul dienste is reeds […]
Forum Nuus: AfriForum hou eerste sportdag op Vryburg
0
01:46

Forum Nuus: AfriForum hou eerste sportdag op Vryburg

AfriForum se eerste sportdag in die Stellalandstreek is Saterdag op Vryburg gehou. Sportmanne en -vroue van alle vlakke en ouderdomme het aan die pretloop, bergfietsresies, krieket, rolbal en tennis deelgeneem. Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikkoördineerder vir Stellaland, het die dag as ’n groot sukses bestempel. “Ons almal weet daar is niks soos sport om ’n […]
AfriForum Jeug-internskap bemagtig jong toekomstige leiers
0
02:40

AfriForum Jeug-internskap bemagtig jong toekomstige leiers

Agt AfriForum Jeug-takbestuurslede van regoor die land het onlangs ’n internskap by AfriForum se hoofkantoor in Centurion suksesvol voltooi. Hulle het verskeie opleidingsessies bygewoon, erfenisgebiede besoek, skaduwerk gedoen en moes uiteindelik ’n voorlegging oor die toekoms van AfriForum Jeug aan ’n uitgesoekte paneel in die Forum Films ateljee aanbied. Die doel van die internskap is […]
Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil  veiligheid by skole verseker
0
02:36

Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker

Forum Sekuriteit het die afgelope week twee skole en die Leriba Lodge in Centurion besoek om veiligheidsrisiko-analises te doen. Hiermee word onder meer bepaal waar die perseel moontlik kwesbaar vir misdadige optrede is, maar ook watter ander veiligheidsaspekte opgeskerp moet word. Tarien Cooks, bestuurder van logistiek en administrasie by Forum Sekuriteit, sê skole lê hulle […]
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk slyp entrepreneursvaardighede met kompetisie
0
03:01

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk slyp entrepreneursvaardighede met kompetisie

Of jy nou ’n gesoute sakeman is of jou splinternuwe besigheid steeds uit jou ouers se motorhuis bedryf, is dit nooit té laat om jou vaardighede op te skerp nie. Daarom bied die AfriForum Sakenetwerk vanjaar as deel hul Entrepreneur van die Jaar-kompetisie verskeie webinare en werkswinkels aan om nuwe én ervare entrepreneurs meer oor […]
Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater
0
02:35

Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater

Jannie du Toit (70), legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, vier vanjaar ’n loopbaan van 50 jaar in die musiekbedryf. Hy is eerskomende Sondag, 5 September, in die AfriForum Teater in Pretoria om dié mylpaal saam met jarelange vriende en aanhangers plaaslik en regoor die wêreld te vier. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 […]
Forum Nuus: Richardsbaai-tak gryp in om skole gereeld te ontsmet
0
01:51

Forum Nuus: Richardsbaai-tak gryp in om skole gereeld te ontsmet

AfriForum se Richardsbaai-tak het verlede jaar skolehulppakkette aan verskeie skole in hul omgewing, insluitend Little Musketeers, gegee, maar daar het ’n groter behoefte rondom die ontsmetting van skole ontstaan. Die tak en plaaslike gemeenskap het toe hande gevat en sedertdien werk tak- en gemeenskapslede in skofte saam om skoolterreine op ’n gereelde basis te ontsmet. […]
Forum Nuus: Dís hoekom AfriForum by Life Esidemeni-tragedie betrokke geraak het
0
04:59

Forum Nuus: Dís hoekom AfriForum by Life Esidemeni-tragedie betrokke geraak het

AfriForum se privaat vervolgingseenheid soek geregtigheid vir slagoffers van Life Esidimeni en het saam met Solidariteit Helpende Hand betrokke geraak by families van slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie. Ná vyf jaar is daar nog geen stappe ná die tragedie nie en die geregtelike doodsondersoek is nou weer tot 30 Augustus uitgestel. Die algemene gevoel is […]
Forum Nuus: Skrywer koester geskiedkundige skatte in sy plaasmuseum
0
03:14

Forum Nuus: Skrywer koester geskiedkundige skatte in sy plaasmuseum

“As iemand nie meer iets wil hê nie, dan gee hulle dit vir my.” Dit is die 73-jarige skrywer, reisiger, amateur-historikus en versamelaar, Nico Moolman, se antwoord op hoe hy ’n museum op sy oudag geopen het, en dít nog buite ’n klein plattelandse dorpie in KwaZulu-Natal. Vandag woon hy en sy vrou, Naomi, op […]
Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan
0
05:19

Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan

“Een van die redes waarom ek as ’n buurtwaglid aangesluit het, is omdat AfriForum Gemeenskapsveiligheid vir jou ’n baie groot infrastruktuur, gevestigde netwerke, goeie toerusting en fantastiese opleidingsgeleenthede, soos dié kamp, kan bied,” sê Nelis van Rensburg, voorsitter van AfriForum se Hartebeespoort-buurtwag. Van Rensburg is een van sowat 23 AfriForum-buurtwaglede wat die afgelope naweek ‘n […]
Forum Nuus: AfriForum open kantoor in die Wes-Kaap
0
03:58

Forum Nuus: AfriForum open kantoor in die Wes-Kaap

AfriForum het vandeesweek sy kantoor in Durbanville in die Wes-Kaap amptelik geopen. Die burgerregte-waghond het byna 40 000 lede in dié provinsie en gaan verskeie gemeenskapsprojekte, veral rakende veiligheid, vanuit dié kantoor en deur sy plaaslike takke in die provinsiale strukture, bestuur. AfriForum beywer hom ook vir groeiende outonomie in dié provinsie en sien die […]
Forum Nuus: AfriForum-vrywilligers gee naweke prys om dorpe op te knap
0
03:49

Forum Nuus: AfriForum-vrywilligers gee naweke prys om dorpe op te knap

AfriForum se vrywilligers is die hart en siel van dié burgerregte-organisasie en gee dikwels hul naweke prys om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. Takke in die Mooirivier-streek het die afgelope naweek gewoeker en slaggate gevul, gras gesny, padtekens geverf en kragbokse beveilig.