Vandag is Onderwysersdag internasionaal gevier. Om met dié viering saam te val het Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, sy Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekendgestel.
Prof. Irma Eloff, internasionaal bekende onderwyskundige en voormalige Dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), was die gasspreker en het gewys op ’n raming in 2015 wat daarop gedui het dat daar ’n internasionale tekort van 69 miljoen onderwysers is indien die wêreld volhoubare ontwikkelingsdoelwitte wil bereik. Sy sê ook die bevordering van inheemse tale is internasionaal so belangrik dat 2022 – 2032 as die dekade van inheemse tale verklaar is.
Akademia het vanjaar ook met die aanbied van die Nagraadse Onderwyssertifikaat (senior-fase en VOO-onderwys) begin en aanstaande jaar word ’n volwaardige BEd (intermediêre fase-onderwys) aangebied. Vir meer inligting besoek www.akademia.ac.za.
