AfriForum se strategie is om te veg en te bou. Ons veg teen bestaande ongeregtighede en bou aan ’n beter toekoms. Die organisasie fokus derhalwe ook op gesamentlike projekte wat interkulturele samewerking bevorder sodat Afrikaners ook veilig, vry en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. AfriForum werk op ’n grondslag van wedersydse erkenning en respek en streef daarna om goeie verhoudinge met ander gemeenskappe te hê aangesien Afrikaners se groot uitdaging hul yl verspreiding oor groot gebiede regoor die land is. As ons ’n toekoms wil hê wat konflik vry is, moet ons goeie verhoudinge met ander gemeenskappe handhaaf, sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum.
