Geweld, misdaad, korrupsie en die verval van die regstelsel is werklikhede waarmee Suid-Afrikaners daagliks gekonfronteer word. Hierdie werklikhede is dikwels egter ook die gevolg van opportunistiese buitelandse moonthede en maatskappye, wat saam met sekere politici, die land, maar ook die res van die kontinent, gewetenloos vir hul eie voordeel stroop en uitbuit. Dibi Breytenbach, ’n regsgeleerde en skrywer van KwaZulu-Natal, het pas ’n boek getiteld Buit gepubliseer waarin hierdie temas belig word.
