Alita du Plessis, een van AfriForum Sakenetwerk se 2021 Entrepreneur van die Jaar-kompetisiewenners, se droom het onlangs ná jare ’n werklikheid geword toe sy die geleentheid gekry het om saam met drie ander vroue-entrepreneurs ’n inkopie- en gesellige kuierwinkel in Waterkloof, Pretoria, te open. 165 on Orion bied ’n unieke koopervaring met kuns, klere, juwele, leerprodukte, ’n salon en ’n heerlike koffiewinkel. Du Plessis, eienaar van 165 on Orion en Purple Carrot-juwele, glo vroue het baie om aan die sakewêreld te bied en dat sake-eienaars mekaar eerder moet opbou as afbreek. Volgens haar het die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, wat jaarliks deur AfriForum Sakenetwerk aangebied word, daartoe bygedra dat jy sy hierdie onderneming kon open.
