Al hoe meer mense leef die Orania-droom van Afrikaner vryheid en onafhanklikheid uit. Ontwikkelings en die uitsit van erwe het die afgelope paar jaar drasties toegeneem met waglyste vir mense wat hul in Orania wil vestig. Die ideaal om van dorp na stad met uiteindelik sowat 10 000 inwoners te groei, gaan waarskynlik baie vinniger realiseer as wat aanvanklik gedink is. Die inwonertal vanjaar het reeds die 2 500-kerf verbygesteek. Orania is ’n miernes van bedrywighede met bouspanne wat oral aan die werk is. Groot ontwikkelings vind plaas en Oraniërs is trots op die moderne geriewe waaroor Orania Veiligheidsdienste en Orania Med24 beskik. Die Orania Spaar- en Korporatiewe Bank (OSK) het ook vanjaar sy 20ste bestaansjaar gevier en meer onlangs fantastiese nuwe groeisyfers bekendgemaak. Dit is ook tans die grootste koöperatiewe bank in die land.
