Die AfriForum Groter-Moot-tak is sommer vroeg in die jaar volstoom aan die gang om hul omgewing skoon te maak en op te hef. Die tuinspan het vandeesweek verskeie grassnyers en bossiekappers gebruik om ’n groot gedeelte van die spruit skoon te maak. Dié tak en tuinspan neem eienaarskap van wat hulle doen en glo elke aksie motiveer hul gemeenskap tot veel groter dinge. “Ons veg nie net teen staatsverval nie, maar verhoog ook die waarde van ons eiendom en woongebied,” sê Jacques du Randt.
