Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid gaan help om geld uit verkooptransaksies terug te kry 21-11-21

Nadat verskeie mense nie hulle of hul naasbestaandes se geld uit die verkoop van eenhede in Sterlig Aftreeoord by Belvedere Trust gekry het nie, is AfriForum se privaatvervolgingseenheid om hulp genader. Inwoners van dié oord koop hul eenheid met ’n lewensregbedrag wat in ’n trustrekening inbetaal word. Indien hulle verhuis of sterf en die eenheid word weer verkoop neem dit Belvedere Trust etlike maande en in sommige gevalle jare om die geld van die verkooptransaksie weer terug te betaal. Sommige inwoners het reeds gesterf en hulle boedels kan nie afgehandel word totdat die verkoopbedrag uitbetaal is nie. Volgens adv. Phyllis Vorster, aanklaer by die privaatvervolgingseenheid, is daar doelbewuste vertragings met die uitbetaling en Belvedere Trust se prokureur Casper le Roux het aangedui dat hulle nie belangstel om met die vervolgingseenheid in gesprek te tree nie.

Lees die berig hier: https://afriforum.co.za/kyk-privaatvervolgingseenheid-gaan-help-om-geld-uit-verkooptransaksie-terug-te-kry/

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.