AfriForum-lede word van tyd tot tyd deur die organisasie se inbelsentrums gebel om belangrike inligting te verifieer of nuwe inligting oor die organisasie se nuutste aksies, projekte en veldtogte oor te dra. Dit is belangrik dat lede hierdie oproepe, wat baie kort is, moet beantwoord om hul kontakbesonderhede op te dateer. Mense verhuis van tyd tot tyd of verander van e-pos-adresse. Opgedateerde inligting is nodig om om seker te maak dat Forum Tydskrif ons lede, ook wanneer hulle verhuis, bereik. Van ons lede verkies ook om die tydskrif digitaal te lees en dit is belangrik dat hierdie keuse ook aan ons gekommunikeer word.
