In Germiston is waterprobleme vir sommige inwoners al ’n alledaagse verskynsel. In sekere gebiede kry inwoners net drie dae per week water. AfriForum plaas deurgaans druk op die Ekurhuleni-metro om werk aan ’n nuwe waterreservoir, wat reeds maande agter skedule is, te voltooi om watertoevoer na alle inwoners in Germiston permanent te herstel. AfriForum se Germiston-tak vra vir ondersteuning van die publiek. Stuur ’n e-pos na [email protected] om meer oor dié tak se bedrywighede uit te vind.
