AfriForum se gemeenskapsveiligheidsentrum vir die sentraalstreek is gisteraand amptelik in Bloemfontein geopen en gaan AfriForum-buurtwagte in die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal bedien. Hierdie sentrum beskik oor ’n beheerkamer wat 24 uur per dag beman word, opleidingsgeriewe om buurtwaglede met kennis en vaardighede toe te rus, asook ’n traumakamer, wat aan slagoffers van geweldsmisdaad ’n onmiddellike heenkome bied totdat hulle na die geskikte plek verwys kan word.
