SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Nuwe era ingelui met unieke sertifikaat vir tuisversorging
0
03:02

Forum Nuus: Nuwe era ingelui met unieke sertifikaat vir tuisversorging

Versorging is ’n beroep waarop mense dikwels neerkyk totdat hulle dit egter self nodig het. Solidariteit Helpende Hand het onlangs sy eerste groep vroue wat as geakkrediteerde tuisversorgers opgelei is, vereer. Altesaam 17 studente het vanjaar dié tuisversorgingsopleidingsprogram, ’n eerste van sy soort, in onderskeidelik Bloemfontein en Pretoria suksesvol voltooi en hul dienste is reeds […]
Francois & Elizabeth Fourie – Wil jy dans, Carina?
0
03:12

Forum Nuus: Nuwe ideesentrum sal gemeenskapselfstandigheid bevorder

Opinor, ’n nuwe ideesentrum en inisiatief van AfriForum, is onlangs in Centurion bekendgestel en is opgerig om gemeenskapsgerigte planne, strategieë en beleid te ontwikkel en te bevorder, deur geloofwaardige navorsing en innoverende kommunikasie, wat aangewend kan word om gemeenskapselfstandigheid in Afrika te bevorder.
Forum Nuus: Nuwe kompetisie vier jonges se kreatiwiteit
0
02:51

Forum Nuus: Nuwe kompetisie vier jonges se kreatiwiteit

Jong kunstenaartjies van regoor die land se kunswerke pronk tans by die Prag en Praal Kunskraal by AfriForum Teater as deel van AfriForum Sakenetwerk se Skolekuns-kompetisie. Dié kompetisie gee vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar oud die geleentheid om hul kunswerke uit te stal én te verkoop. ’n Paneel van professionele […]
Forum Nuus: Nuwe veiligheidsentrum help buurtwagte, SAPD en ander rolspelers om misdaad hok te slaan
0
03:04

Forum Nuus: Nuwe veiligheidsentrum help buurtwagte, SAPD en ander rolspelers om misdaad hok te slaan

AfriForum se gemeenskapsveiligheidsentrum vir die sentraalstreek is gisteraand amptelik in Bloemfontein geopen en gaan AfriForum-buurtwagte in die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal bedien. Hierdie sentrum beskik oor ’n beheerkamer wat 24 uur per dag beman word, opleidingsgeriewe om buurtwaglede met kennis en vaardighede toe te rus, asook ’n traumakamer, wat aan slagoffers van geweldsmisdaad ’n onmiddellike […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:06

Forum Nuus: Ons moet harder werk op pad na vryheid 3-3-2023

AfriForum se hooffokus vanjaar is die uitbou van gemeenskapsfederalisme om Afrikaners meer onafhanklik en staatsbestand te maak. Baie harde werk lê vir ons voor op die pad na vryheid. Daarom gaan AfriForum se meer as 150 takke en 160 buurtwagte baie vinniger baie meer in ons dorpe en woongebiede moet doen om staatsverval te stuit. […]
Forum Nuus: Ontmoet jong, belowende entrepreneurs in nuwe AfriForumTV-reeks 06-09-2024
0
04:04

Forum Nuus: Ontmoet jong, belowende entrepreneurs in nuwe AfriForumTV-reeks 06-09-2024

Die Korf, ’n splinternuwe Afrikaanse reeks, is gisteraand tydens ’n glansgeleentheid by West Café in Pretoria bekendgestel. Hierdie reeks stel jong entrepreneurs van laer- en hoërskole aan kykers bekend en bestaan uit agt episodes wat deur Bernice West en haar broer Renier aangebied word. Die entrepreneurs gesels in dié reeks oor hul sake-idees en die […]
Forum Nuus: Oorwinning in Randfontein rioolsaak kan as bloudruk vir ander gemeenskappe dien
0
01:57

Forum Nuus: Oorwinning in Randfontein rioolsaak kan as bloudruk vir ander gemeenskappe dien

Die boete van R10 miljoen wat die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit opgelê is en die pleitooreenkoms wat hulle met die staat aangegaan het om instandhouding en herstelwerk aan rioolinfrastruktuur in Randfontein te doen én die Departement van Water en Sanitasie hieroor ingelig te hou, is ’n oorwinning en deurbraak op plaaslikeregeringsvlak. Die skulderkenning en […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
01:51

Forum Nuus: Openbare sessies oor omstrede Bela-wet vind in Gauteng plaas 03-05-2023

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, oftewel die Bela-wet, hou ’n reusebedreiging in vir onderwys en veral vir Afrikaanse onderwys. Openbare raadplegingsessies het vroeër vanjaar in drie provinsies plaasgevind en dié sessies vind die naweek (5-7 Mei) in Gauteng plaas. AfriForum doen ’n dringende beroep op sy lede en die publiek om die sessies by te […]
Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied
0
04:01

Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied

Inwoners aan die Suidkus het die afgelope naweek behoorlik feesgevier tydens die OppiKus-musiekfees. Ongeveer 3 800 mense het vanjaar dié musiekfees in Margate bygewoon. Die fees is weer vir die eerste keer sedert 2019 aangebied en feesgangers is Vrydag en Saterdag vermaak deur kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Die Campbells, Brenden […]
Forum Nuus: Petisie by parlement oorhandig oor nuwe raswet 14-06-2023
0
04:20

Forum Nuus: Petisie by parlement oorhandig oor nuwe raswet 14-06-2023

Die Kaapse Forum en Solidariteit het ’n petisie oor die nuwe raswet en -regulasies aan ’n verteenwoordiger van die speaker in Kaapstad oorhandig, asook aan John Steenhuisen, leier van die DA, en dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Hierdie raswet en konsepregulasies is ongrondwetlik en irrasioneel. Derduisende mense sal hul werk verloor weens […]
Forum Nuus: Plaasaanvallers swaar gestraf ná aanval op bejaardes 14-07-2023
0
04:17

Forum Nuus: Plaasaanvallers swaar gestraf ná aanval op bejaardes 14-07-2023

Drie plaasaanvallers is vandag swaar vonnisse opgelê in die Hooggeregshof in Pretoria. Lawrence Refemate Makhubela, Cornelius Makatu en Jacob Maponyane Seokola het in Desember 2020 vir Dries (75) en Mariaan (nou 71) Nieuwoudt op hulle hoewe buite Pretoria aangeval. Die egpaar is die Maandag aangeval en Mariaan, wat in die badkamer toegesluit was, kon eers […]
Forum Nuus: Plaasaanvaloefening kry AfriForum-buurtwagte slaggereed 10-03-2025
0
03:28

Forum Nuus: Plaasaanvaloefening kry AfriForum-buurtwagte slaggereed 10-03-2025

AfriForum se takke in Brits, Mooinooi en Hartbeespoort het die naweek ’n gesamentlike buurtwagoefening gedoen om gebeurlikheidsplanne vir plaasaanvalle en ander vorme van misdaad vas te lê. Dié oefening is in samewerking met die plaaslike SAPD, sekuriteitsfirmas en ander vrywilligers gedoen.
Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers deel boodskap van hoop
0
03:53

Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers deel boodskap van hoop

“Ek kan nóú, na my tyd saam met AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid, ander mense bystaan wat ook al deur ’n plaasaanval geraak is. Ek wil hê mense moet weet daar is altyd hoop, ongeag die trauma wat hulle beleef het.” Dalene van Niekerk en Nicky, albei slagoffers van plaasaanvalle, het ondanks die pyn en trauma waardeur […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
04:20

Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers deel gruverhale met Nederlandse joernalis 06-03-2023

Wierd Duk, ’n joernalis by De Telegraaf in Nederland, het sy heel eerste besoek aan Suid-Afrika afgelê as deel van ’n skakeltoer deur Solidariteit en spesifiek ook om te sien hoe Afrikaners die talle uitdagings in die land aanpak. Hy het saam met AfriForum besoek afgelê by plaasaanvalslagoffers in die Brits-omgewing en onderhoude met hulle […]
Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers praat oor hul en trauma
0
04:18

Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers praat oor hul en trauma

AfriForum se traumaeenheid het verlede Vrydag hul ambassadeursfunksie ten bate van die slagoffers van plaasaanvalle en –moorde gehou.Tydens die geleentheid is die hartverskeurende en traumatiese ervarings van slagoffers gedeel. Die twaalf ambassadeurs is die oggend in Pretoria bederf en geleentheid gebied om na mekaar uit te reik en ’n ondersteuningsnetwerk te vorm. Die aandfunksie in […]
Forum Nuus: Pretoria FM vier bloedskenkdag 15-06-2023
0
02:26

Forum Nuus: Pretoria FM vier bloedskenkdag 15-06-2023

Internasionale bloedskenkerdag is vandag by Pretoria FM met ’n “Jail and Bail”-geleentheid gevier. Skoolhoofde van ’n paar skole in Pretoria, ’n radio-omroeper en die voorsitter van Pretoria FM se direksie is onder andere in ’n sel toegesluit tot genoeg bloed geskenk is om hulle weer “vry te laat”. Die dag is goed ondersteun en skenkers […]
Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022
0
03:30

Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022

AfriForum se Groter-Moot- en Centurion-tak se tuinspanne werk daagliks om hul onderskeie omgewings skoon en netjies te maak. Dié takke het heelwat toerusting soos trekkers, bossiekappers en grassnyers aangeskaf om in te spring en skoon te maak daar waar die Tshwane Metro tekortskiet. Die Centurion-tak het ook ’n formele ooreenkoms met die Metro aangegaan om […]
Forum Nuus: Privaat kliniek in Diepsloot deel AfriForum se vrese oor NGV 29-01-2024
0
04:00

Forum Nuus: Privaat kliniek in Diepsloot deel AfriForum se vrese oor NGV 29-01-2024

Nasionale Gesondheidsversekering hou verskeie nadele in vir mediese dienste in die land en daarom het AfriForum in Diepsloot gaan kyk hoe lyk en werk bekostigbare privaat mediese sorg in ’n lae inkomste area. Tydens ’n besoek aan die Unjani-kliniek by die Diepsloot-winkelsentrum het die eienaar van dié kliniek gesels oor die dienste wat by hierdie […]
Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid ondersteun ouers ná dogtertjie sterf 18-10-2023
0
02:13

Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid ondersteun ouers ná dogtertjie sterf 18-10-2023

AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun vir Phillipus en Nadia Jansen van Rensburg in die Middelburg Landdroshof in ’n saak waar Joseph Hebron Maponya op klagtes van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol gaan verskyn. Amé Jansen van Rensburg (5) is in 2021 in ’n ongeluk oorlede ná haar ouers […]
Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid staan familie van oud-Recce by
0
02:15

Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid staan familie van oud-Recce by

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag vir Michele Bebbington, verloofde van wyle Terence Tegg, in die landdroshof in Tembisa bygestaan waar sy twee vermeende moordenaars verskyn het. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en kwaadwillige saakbeskadiging. Tegg, ’n oud-Recce en werknemer van Personal Protection Services, is onder meer gestenig tydens […]