Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid ondersteun ouers ná dogtertjie sterf 18-10-2023

AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun vir Phillipus en Nadia Jansen van Rensburg in die Middelburg Landdroshof in ’n saak waar Joseph Hebron Maponya op klagtes van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol gaan verskyn. Amé Jansen van Rensburg (5) is in 2021 in ’n ongeluk oorlede ná haar ouers se bakkie gerol het toe hulle vir Maponya se voertuig, wat aan die verkeerde kant van die pad was, moes uitswaai. Die saak het vir geruime tyd gesloer, maar is op die hofrol geplaas danksy die eenheid se toetrede tot die saak.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.