Internasionale bloedskenkerdag is vandag by Pretoria FM met ’n “Jail and Bail”-geleentheid gevier. Skoolhoofde van ’n paar skole in Pretoria, ’n radio-omroeper en die voorsitter van Pretoria FM se direksie is onder andere in ’n sel toegesluit tot genoeg bloed geskenk is om hulle weer “vry te laat”. Die dag is goed ondersteun en skenkers het reeds van vroegoggend af in ’n ry gestaan vir hul beurt om bloed te skenk.
