Forum Nuus: Privaat kliniek in Diepsloot deel AfriForum se vrese oor NGV 29-01-2024

Nasionale Gesondheidsversekering hou verskeie nadele in vir mediese dienste in die land en daarom het AfriForum in Diepsloot gaan kyk hoe lyk en werk bekostigbare privaat mediese sorg in ’n lae inkomste area. Tydens ’n besoek aan die Unjani-kliniek by die Diepsloot-winkelsentrum het die eienaar van dié kliniek gesels oor die dienste wat by hierdie privaat kliniek aangebied word en die impak wat Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) moontlik op die kliniek, die personeel en pasiënte sal hê. AfriForum is steeds in ’n stryd gewikkel om NGV te stuit. Besoek www.afriforum.co.za/stop-ngv/ om AfriForum se petisie teen die NGV te ondersteun.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.