Die Kaapse Forum en Solidariteit het ’n petisie oor die nuwe raswet en -regulasies aan ’n verteenwoordiger van die speaker in Kaapstad oorhandig, asook aan John Steenhuisen, leier van die DA, en dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Hierdie raswet en konsepregulasies is ongrondwetlik en irrasioneel. Derduisende mense sal hul werk verloor weens hierdie wetgewing. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die rimpeleffek hiervan baie groter aangesien vaardighede en vaardige mense verlore sal gaan wat beteken dat die ekonomie groot skade kan ly.
Teken die Kaapse Forum se petisie teen hierdie raswet hier: https://kaapseforum.co.za/stop-die-nuwe-raswet/
