Forum Nuus: Openbare sessies oor omstrede Bela-wet vind in Gauteng plaas 03-05-2023

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, oftewel die Bela-wet, hou ’n reusebedreiging in vir onderwys en veral vir Afrikaanse onderwys. Openbare raadplegingsessies het vroeër vanjaar in drie provinsies plaasgevind en dié sessies vind die naweek (5-7 Mei) in Gauteng plaas. AfriForum doen ’n dringende beroep op sy lede en die publiek om die sessies by te woon en standpunt teen die wet in te neem. Indien die wet deurgevoer word, kan die etos en karakter van Afrikaanse skole ingrypend verander en sal ouers bitter min sê oor skole se toelatings- en taalbeleid hê. Uiteindelik kan dit tot oorvol skole lei waar gehalte-onderrig nie meer moontlik sal wees nie.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.