AfriForum se Knysna-buurtspan maak reeds ’n reuseverskil om munisipale verval in Knysna en die omliggende gebied teen te werk. Dié span het al onder meer slaggate herstel, padtekens oorgeverf en openbare badkamers in Buffelsbaai herstel. Inwoners kan die herstel van ’n slaggat of die verf van padtekens borg. Besoek www.afriforumdienste.co.za om meer uit te vind.
