Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom is die wenner van AfriForum se eerste Blink of stink-herwinningskompetisie. Die skool het ’n totaal van 3,2 ton se plastiekbottels – oftewel ’n gemiddeld van meer as 5 kg per leerder – vir herwinning ingesamel en daardeur met R30 000 se prysgeld weggestap.
