Agt jaar sedert die leier van die EFF, Julius Malema, skote in die lug afgevuur het voor ’n skare van 20 000 mense, is hy vandag uiteindelik in die Oos-Londense Landdroshof tot vyf jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.
AfriForum se hoofwoordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, meen die vonnis wat landdros Twanet Olivier aan Malema opgelê het, bevestig dat niemand – nie eens hooggeplaaste politici – bo die reg verhewe is nie.
