Die eerste van drie van AfriForum se streekskongresse het die afgelope naweek in Durbanville, Kaapstad, plaasgevind. AfriForum-takke vanuit die Noord-, Oos- en Wes-Kaap het dié geleentheid bygewoon om meer uit te vind oor hul rol as gemeenskapsbouers in hul onderskeie gemeenskappe.
