AfriForum het vandag (29 Oktober) ’n protesaksie by Eskom se hoofkantoor in Johannesburg gehou om die toenemende openbare frustrasie oor buitensporige elektrisiteitstariewe, wanbestuur en die voortdurende finansiële las op verbruikers te benadruk. Die organisasie het 750 spaarvarkies uitgepak by die ingang na dié kantoor om te benadruk dat Eskom nie die publiek langer as sy persoonlike spaarvarkie mag gebruik nie. AfriForum sê dis tyd dat Eskom ophou om bykomende inkomstes na te jaag en eerder sy verbeterde finansiële posisie in daadwerklike verligting omskep vir verbruikers wat reeds jare lank onder beurtkrag en stygende elektrisiteitskoste gebuk gaan.
