AfriForum het vandag (17 Maart 2026) in die Hooggeregshof in Pretoria verskyn in verband met ’n dringende aansoek om die hervestiging van honderde inwoners van die Melgisedek-gebou na ’n terrein in Gezina te stop. Die hof het na aanhoor van argumente uitspraak tot Donderdag voorbehou en die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit se onderneming gevra om enige verdere verwikkelinge rakende die hervestiging te staak totdat die uitspraak gelewer word. Ondersteun dié saak en onderteken AfriForum se petisie teen dié verskuiwing hier (https://www.artikels.afriforum.co.za/stop-die-melgisedek-tentedorp-in-die-moot-beskerm-ons-gemeenskap-nou/ ).
