AfriForum Sakenetwerk se eerste Tinteltong Toekennings vir 2026 is gister (7 Mei) by ’n glansgeleentheid in Pretoria aan ses ondernemings oorhandig. Hierdie toekennings gee erkenning aan ondernemings wat op hul eie manier bydraes tot Afrikaans maak. Soortgelyke geleenthede sal deur die loop van Mei in Mosselbaai, Kaapstad en Bloemfontein gehou word.
Die wenners is soos volg:
Uitstekende diens in Afrikaans: Genade Shoppie en Corinne’s Petite Partyki Datjies
Uitstaande bydrae tot die Afrikaanse gemeenskap: Leer om te lees
Kreatiewe Afrikaanse naam: Deonette Boerdery en Kleurvol
Kreatiewe Afrikaanse slagspreuk: Lessing Konfyte & Bakkery
