SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:06

Forum Nuus: Ons moet harder werk op pad na vryheid 3-3-2023

AfriForum se hooffokus vanjaar is die uitbou van gemeenskapsfederalisme om Afrikaners meer onafhanklik en staatsbestand te maak. Baie harde werk lê vir ons voor op die pad na vryheid. Daarom gaan AfriForum se meer as 150 takke en 160 buurtwagte baie vinniger baie meer in ons dorpe en woongebiede moet doen om staatsverval te stuit. […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
03:00

Forum Nuus: Sê nou NEE vir omstrede Bela-wet! 22-02-2023

Die bedreiging wat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (ook bekend as die Bela-wet) vir onderwys, en veral Afrikaanse onderwys inhou, duur steeds voort. In 2022 het ’n oorweldigende meerderheid individue en instellings met skriftelike kommentaar standpunt teen die inhoud daarvan ingeneem. Instellings het ook geleentheid gehad om op uitnodiging voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee te […]
Forum Nuus: AfriForum-span lewer teenboeliepraatjie by die Laerskool Eloff 26-01-2023
0
02:19

Forum Nuus: AfriForum-span lewer teenboeliepraatjie by die Laerskool Eloff 26-01-2023

AfriForum se teenboeliespan het by die Laerskool Eloff besoek afgelê om leerders en onderwysers van die gevare van boeliegedrag bewus te maak. Leerders is ook geleer hoe om boeliegedrag te identifiseer en hoe om op te tree as hulle of ’n maatjie geboelie word. “Daar is boelies by alle skole en dis hoekom hierdie inligting […]
Forum Nuus: Gemeenskap spog met tweede graanoes ná AfriForum en partye help 16-01-2023
0
02:45

Forum Nuus: Gemeenskap spog met tweede graanoes ná AfriForum en partye help 16-01-2023

Die gesamentlike landbou-ontwikkelingsprojek van AfriForum, Saai en die Boiphitlhelelo Koöperatief by Noga’s Post in die Barolong Boo Seleka Koninkryk by Thaba ’Nchu het verlede week die projek se tweede graanoes gelewer. Weens die hoë somerreënval in die 2021-plantseisoen kon mielies nie weer aangeplant word nie en is daar besluit om koring te plant. 8,5 ton […]
Forum Nuus: Kallie Kriel se Nuwejaarsboodskap vir 2023 12-01-2023
0
03:35

Forum Nuus: Kallie Kriel se Nuwejaarsboodskap vir 2023 12-01-2023

Aan die begin van 2023 is AfriForum slaggereed om die talle uitdagings in die land te pak en te doen wat ons kan doen om ’n beter toekoms te skep. Hoewel die verkrummeling en verval onder die sentralistiese ANC-regering ontstellend is, put ons hoop daaruit dat daar alternatiewe is en dat ons deur middel van […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
04:03

Forum Nuus: Federalisme in aksie by AfriForum se Groter-Moot-tak 10-01-2023

Die AfriForum Groter-Moot-tak is sommer vroeg in die jaar volstoom aan die gang om hul omgewing skoon te maak en op te hef. Die tuinspan het vandeesweek verskeie grassnyers en bossiekappers gebruik om ’n groot gedeelte van die spruit skoon te maak. Dié tak en tuinspan neem eienaarskap van wat hulle doen en glo elke […]
Forum Nuus: AfriForum se Benoni-tak bring vreugde aan kinders en bejaardes 12-12-2022
0
03:13

Forum Nuus: AfriForum se Benoni-tak bring vreugde aan kinders en bejaardes 12-12-2022

AfriForum se Benoni-tak het die naweek hul vierde jaarlikse Kersrit aangebied. Kersvader het geskenke, kos en koeldrank by vier kinderhuise en ’n tehuis vir gestremdes uitgedeel. Meer as 100 kinders en bejaardes het baat gevind by dié gesamentlike projek van die tak, ER24 en C7, NoJack Vehicle Tracking / Wolf Protection Solutions, Mamba, Badboyz Security, […]
Forum Nuus: Dit is belangrik om jou inligting op te dateer! 29-11-2022
0
01:37

Forum Nuus: Dit is belangrik om jou inligting op te dateer! 29-11-2022

AfriForum-lede word van tyd tot tyd deur die organisasie se inbelsentrums gebel om belangrike inligting te verifieer of nuwe inligting oor die organisasie se nuutste aksies, projekte en veldtogte oor te dra. Dit is belangrik dat lede hierdie oproepe, wat baie kort is, moet beantwoord om hul kontakbesonderhede op te dateer. Mense verhuis van tyd […]
Forum Nuus: AfriForum help Barolong in proses om hul grond van staat terug te eis 29-11-2022
0
03:00

Forum Nuus: AfriForum help Barolong in proses om hul grond van staat terug te eis 29-11-2022

Die Barolong Boo Seleka-tradisionele gemeenskap het tydens ’n gesamentlike mediakonferensie met AfriForum aangekondig dat dié tradisionele gemeenskap die proses begin het om eienaarskap van hul grond by die staat terug te neem wat tans die voog daarvan is. Na verwagting sal ander tradisionele gemeenskappe dieselfde proses kan volg wat verreikende gevolge vir staatsbeheerde grond kan […]
Forum Nuus: Vroue-entrepreneur bewaarheid droom met opening van winkel 18-11-2022
0
02:26

Forum Nuus: Vroue-entrepreneur bewaarheid droom met opening van winkel 18-11-2022

Alita du Plessis, een van AfriForum Sakenetwerk se 2021 Entrepreneur van die Jaar-kompetisiewenners, se droom het onlangs ná jare ’n werklikheid geword toe sy die geleentheid gekry het om saam met drie ander vroue-entrepreneurs ’n inkopie- en gesellige kuierwinkel in Waterkloof, Pretoria, te open. 165 on Orion bied ’n unieke koopervaring met kuns, klere, juwele, […]
Forum Nuus: (Orania deel 4) Opleiding gee jongmense vlerke en geleenthede 17-11-2022
0
04:26

Forum Nuus: (Orania deel 4) Opleiding gee jongmense vlerke en geleenthede 17-11-2022

Gegewe die feit dat groei, ontwikkeling en vooruitgang sinoniem met Orania is, is die opleiding van jongmense ook sentraal in die toekomsplan. Bo-Karoo Opleiding (BKO) het in 2019 die eerste voltydse groep studente ontvang en sowat 200 het reeds hul rooiseëlkwalifikasies verwerf. BKO-studente kan kwalifikasies verwerf in elektries, bou- en siviele konstruksie, loodgieter, landboubestuur en […]
Forum Nuus: (Orania deel 3) Hier word kinders grootgemaak om die leiers van môre te wees 17-11-2022
0
04:54

Forum Nuus: (Orania deel 3) Hier word kinders grootgemaak om die leiers van môre te wees 17-11-2022

Soveel mense vestig hulle in Orania omdat hulle graag hul kinders in ’n veilige en beskermende omgewing op die platteland wil grootmaak. ’n Gesonde gesinslewe, Christelike waardes en opvoeding is vir hulle baie belangrik. Orania het twee dagsorgsentrums, Kieliepensie en Huppelkind, waar van babas tot vierjariges liefdevol versorg word. Daar is twee skole, wat albei […]
Forum Nuus: (Orania deel 2) Die dorp waar alles werk! 17-11-2022
0
11:46

Forum Nuus: (Orania deel 2) Die dorp waar alles werk! 17-11-2022

Orania is vinnig besig om mense se stoutste verwagtinge te oortref. Al hoe meer dromers, bouers en doeners, wat hul toekoms in hul eie hande wil neem, verhuis na Orania. Orania is dié dorp in die land waar alles behoorlik werk en waar die dorpsraad, sedert die dorp se ontstaan 31 jaar gelede, met skoon […]
Forum Nuus: (Orania deel 1) Dromers, doeners en bouers 17-11-2022
0
09:33

Forum Nuus: (Orania deel 1) Dromers, doeners en bouers 17-11-2022

Al hoe meer mense leef die Orania-droom van Afrikaner vryheid en onafhanklikheid uit. Ontwikkelings en die uitsit van erwe het die afgelope paar jaar drasties toegeneem met waglyste vir mense wat hul in Orania wil vestig. Die ideaal om van dorp na stad met uiteindelik sowat 10 000 inwoners te groei, gaan waarskynlik baie vinniger […]
Forum Nuus: AfriForum privaatvervolgingseenheid gryp in by beweerde rassisme-voorval in winkel
0
02:48

Forum Nuus: AfriForum privaatvervolgingseenheid gryp in by beweerde rassisme-voorval in winkel

Danielle Barendse (20) het vandag met die hulp van AfriForum se privaatvervolginseenheid strafregtelike klagtes van aanranding en crimen injuria by die Wierdabrug-polisiestasie ingedien. Barendse werk by ’n groot hardewarewinkel in Centurion waar sy op 8 Oktober deur ’n manlike kliënt rondgejaag en valslik as rassis uitgekryt is. Die betrokke man is ’n werknemer van die […]
Forum Nuus: Energie Indaba kom om oplossings vir energiekrisis te soek
0
05:17

Forum Nuus: Energie Indaba kom om oplossings vir energiekrisis te soek

Die Afrikaner Afrika Inisiatief, AfriForum en die Konrad Adenhauer Stiftung het hande gevat om op 14 November ’n Energie Indaba in Kaapstad aan te bied. Hier sal rolspelers uit verskillende velde die huidige energiekrisis in Suid-Afrika bespreek en oplossings soek. Hooggeplaastes, insluitend die burgemeester van Kaapstad en die premier van die Noord-Kaap, sal spreekbeurte kry.
Forum Nuus: AfriForum dryf veldtog teen ANC se onteienings wetsontwerp
0
02:17

Forum Nuus: AfriForum dryf veldtog teen ANC se onteienings wetsontwerp

Die ANC se poging om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het verlede jaar in die parlement sonder ’n tweederde meerderheid gesneuwel, maar ’n nuwe wetsontwerp om dieselfde doel te bereik, bedreig nou weer privaateiendomsreg in Suid-Afrika. AfriForum het ’n nuwe veldtog aangekondig wat hierdie wetsontwerp teenstaan. Dié veldtog sal […]
Forum Nuus: Reuseoptog teen plaasmoorde gehou 25-10-2022
0
03:32

Forum Nuus: Reuseoptog teen plaasmoorde gehou 25-10-2022

Honderde boere en ondersteuners teen plaasmoorde en –aanvalle het met plaasbakkies, trekkers, stropers en ander plaasimplemente aan ’n massa-optog in Roedtan deelgeneem waar die vermeende aanvallers van Nicky Janse van Rensburg in die hof verskyn het. Die boere se boodskap was duidelik: Genoeg is genoeg.