Aan die begin van 2023 is AfriForum slaggereed om die talle uitdagings in die land te pak en te doen wat ons kan doen om ’n beter toekoms te skep. Hoewel die verkrummeling en verval onder die sentralistiese ANC-regering ontstellend is, put ons hoop daaruit dat daar alternatiewe is en dat ons deur middel van gemeenskapsfederalisme ons toekoms in ons eie hande kan neem.
