AfriForum se teenboeliespan het by die Laerskool Eloff besoek afgelê om leerders en onderwysers van die gevare van boeliegedrag bewus te maak. Leerders is ook geleer hoe om boeliegedrag te identifiseer en hoe om op te tree as hulle of ’n maatjie geboelie word. “Daar is boelies by alle skole en dis hoekom hierdie inligting so waardevol vir ons is,” sê Louise van Niekerk, skoolhoof by die Laerskool Eloff.
