Forum Nuus: AfriForum privaatvervolgingseenheid verleen hulp aan slagoffers van vroedvrou 15-02-2023

AfriForum se privaatvervolgingseenheid lewer tans hulp aan Carien Möller en haar man, Jaco, en Alysia von Kloëg en haar man, Brendon, in hul onderskeie sake teen Yolande Maritz, ’n voormalige vroedvrou van Pretoria. Möller en Von Kloëg het onderskeidelik klagtes van strafbare manslag en poging tot moord teen Maritz gelê nadat nalatigheid tydens geboorte glo tot die dood van Von Kloëg se seuntjie gelei het. Möller se dogtertjie is serebraal gestremd gelaat. Die privaatvervolgingseenheid het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) genader wat aangedui het dat die sake na ’n gespesialiseerde eenheid vir ondersoeke oorgeplaas is.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.