SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum oorhandig memorandum aan Mangaung-metro oor swak vullisverwydering 24-11-2023
0
02:39

Forum Nuus: AfriForum oorhandig memorandum aan Mangaung-metro oor swak vullisverwydering 24-11-2023

AfriForum het ’n memorandum aan die Mangaung-metro oorhandig rakend die swak vullisverwyderingsdienste wat dié metro aan inwoners van Bloemfontein lewer. AfriForum eis in die memorandum dat 651 inwoners op hul munisipale rekening kwytgeskeld word om vir dié diens te betaal aangesien hulle van privaat dienste gebruik maak. Artikel 35 van die Mangaung-metro se verordeninge met […]
Forum Nuus: Blou-en-groendruppelverslag skets kommerwekkende prentjie oor watergehalte 15-11-2023
0
03:36

Forum Nuus: Blou-en-groendruppelverslag skets kommerwekkende prentjie oor watergehalte 15-11-2023

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelverslag by ’n stukkende rioolpompstasie in Vereeniging bekendgestel om die verval van munisipale infrastruktuur ten toon te stel. Luidens dié verslag het net 19% van die rioolafvalwaterbehandelingswerke (RAWBW’e) wat vanjaar getoets is aan die minimum standaarde voldoen. Dit beteken dat die water wat RAWBW’e in riviere stort, in […]
Forum Nuus: Hardloop vir Hoop vir AfriForum-traumaeenheid reusesukses 30-10-2023
0
02:52

Forum Nuus: Hardloop vir Hoop vir AfriForum-traumaeenheid reusesukses 30-10-2023

Die AfriForum-traumaeenheid se Hardloop vir Hoop is die afgelope naweek in Stellenbosch by die Vredenheim-wynplaas gehou. Meer as 200 mense het aan die 5 km- en 10 km-wedlope deelgeneem. Stalletjies en musiek het ’n heerlike atmosfeer geskep vir die gesinne wat daar was. Fondse wat ingesamel is, sal ten bate van die traumaeenheid se slagofferfonds […]
Forum Nuus: AfriForum gaan Bela-wet enduit beveg 27-10-2023
0
02:12

Forum Nuus: AfriForum gaan Bela-wet enduit beveg 27-10-2023

AfriForum en verskeie ander besorgde organisasies het gister voor die parlement protes aangeteken oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wetsontwerp). Enkele ure daarna is dié wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering met 223 stemme teenoor 83 aanvaar. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, sê daar is egter verskeie stappe wat nog […]
Forum Nuus: AfriForum betoog by parlement teen Bela-wet 23-10-2023
0
01:08

Forum Nuus: AfriForum betoog by parlement teen Bela-wet 23-10-2023

AfriForum, Kaapse Forum, die VF Plus en ander organisasies gaan op 26 Oktober voor die parlement betoog teen die Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wet). Dié omstrede wetgewing sal, indien dit goedgekeur word, die regering die mag gee om onder meer aan beheerliggame voor te skryf oor die onderrigtaal van ’n skool. Sluit Donderdag […]
Forum Nuus: AfriForum en Indonsa Yesizwe gedenk koning Dinuzulu kaCetshwayo se dood 19-10-2023
0
03:59

Forum Nuus: AfriForum en Indonsa Yesizwe gedenk koning Dinuzulu kaCetshwayo se dood 19-10-2023

AfriForum en die Zoeloe-koninkryk se ideesentrum Indonsa Yesizwe het gister (18 Oktober) die nalatenskap van koning Dinuzulu kaCetshwayo gedenk deur ’n begraafplaas op ’n plaas buite Middelburg, waar ’n aantal van sy direkte familielede begrawe is, saam skoon te maak. Koning Dinuzulu is op 18 Oktober 1913, gister presies 110 jaar gelede, op dié plaas […]
Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid ondersteun ouers ná dogtertjie sterf 18-10-2023
0
02:13

Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid ondersteun ouers ná dogtertjie sterf 18-10-2023

AfriForum se privaatvervolgingseenheid ondersteun vir Phillipus en Nadia Jansen van Rensburg in die Middelburg Landdroshof in ’n saak waar Joseph Hebron Maponya op klagtes van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol gaan verskyn. Amé Jansen van Rensburg (5) is in 2021 in ’n ongeluk oorlede ná haar ouers […]
Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023
0
03:36

Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023

AfriForum se buurtwagte landwyd het die afgelope naweek aan die organisasie se derde nasionale massapatrollie deelgeneem. Heelwat AfriForum-buurtwagte in Gauteng het Vrydagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir die afskop van die patrollie. Die Voortrekkermonument was ook in groen gehul ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle. Die aanvang van die patrollie is regstreeks uitgesaai om […]
Forum Nuus: Wenner aangekondig in Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 12-10-2023
0
03:57

Forum Nuus: Wenner aangekondig in Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 12-10-2023

AfriForum Sakenetwerk het vanjaar in samewerking met Akademia die sewende Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangebied en Danie Rossouw van The Butcher & Son is as die wenner aangewys. Sedert dié kompetisie vir die eerste keer in 2017 aangebied is, het meer as 350 entrepreneurs al vir dié kompetisie ingeskryf. Groot pryse was op die spel […]
Forum Nuus: AfriForum oorhandig memorandum oor plaasaanvalle aan Ramaphosa se kantoor 12-10-2023
0
01:08

Forum Nuus: AfriForum oorhandig memorandum oor plaasaanvalle aan Ramaphosa se kantoor 12-10-2023

AfriForum het vandag ’n memorandum aan president Cyril Ramaphosa se kantoor oorhandig waarin wrede feite van plaasaanvalle en -moorde gestel word. Dit wys ook op die regering se dwase ontkenning van die krisis en sit AfriForum se eie oplossing vir landelike veiligheid deur middel van gemeenskapveiligheidstrukture uiteen. Die oorhandiging van die memorandum volg op die […]
Forum Nuus: Affies en Durbanville wen in Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie 09-10-2023
0
03:19

Forum Nuus: Affies en Durbanville wen in Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie 09-10-2023

Vanjaar se AfriForum Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het Saterdag by Leriba-koshuis in Centurion plaasgevind en agt skole het aan die finaal deelgeneem. In dié kompetisie word spanne vyf minute gegun om die onderwerp voor te berei voor die debat begin. Die beoordelaars was beïndruk met die deelnemers se goed deurdenkte argumente en vermoë om […]
Forum Nuus: AfriForum in die parlement om stryd teen Onteieningwetsontwerp verder te voer 28-09-2023
0
01:53

Forum Nuus: AfriForum in die parlement om stryd teen Onteieningwetsontwerp verder te voer 28-09-2023

AfriForum het ’n mondelinge voorlegging voor die Gekose Komitee oor Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur in die parlementêre distrik (Nasionale Raad van Provinsies) in Kaapstad gelewer in die stryd teen die Onteieiningswetsontwerp [B 23 – 2020]. Die ANC-regering se pogings om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, […]
Forum Nuus: Hardloop vir Hoop aangebied ten bate van AfriForum se Traumaeenheid 21-09-2023
0
04:29

Forum Nuus: Hardloop vir Hoop aangebied ten bate van AfriForum se Traumaeenheid 21-09-2023

AfriForum Sport se Hardloop vir Hoop-pretloop word vanjaar op 28 Oktober by die Vredenheim Wynplaas in Stellenbosch aangebied. Fondse wat op die dag ingesamel word, is ten bate van die AfriForum Traumaeenheid se slagofferfonds. Hierdie fonds word aangewend om slagoffers van veral plaasaanvalle te help. Kom hardloop of stap rustig saam en geniet die dag […]
Forum Nuus: AfriForum-buurtwaglede voltooi gevorderde veiligheidsopleiding 18-09-2023
0
03:50

Forum Nuus: AfriForum-buurtwaglede voltooi gevorderde veiligheidsopleiding 18-09-2023

AfriForum het pas sy negende protospanopleidingskursus in Orania aangebied. 26 buurtwagvrywilligers van die organisasie het dié gespesialiseerde opleiding voltooi wat hand-tot-hand-gevegskuns, mediese opleiding, die beveiliging van tonele en taktiese vuurwapenhantering insluit. AfriForum het tot op hede 160 protospanlede opgelei wat hul onderskeie buurtwagte versterk. AfriForum-protospanne landwyd behaal byna weekliks suksesse en die protospan in Brits […]
Forum Nuus: AfriForum en Buffelsfontein herstel slaggate in Menlopark 13-09-2023
0
01:41

Forum Nuus: AfriForum en Buffelsfontein herstel slaggate in Menlopark 13-09-2023

AfriForum en Buffelsfontein Beesboerdery het die “ons sal self”-denkwyse toegepas toe hulle met die hulp van die kontrakteur Roadchem ’n sloot en slaggate in Menlopark en Brooklyn in Pretoria herstel het. Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir Groter Pretoria-Suid, het beklemtoon hoe baie vermag kan word waar ondernemings en ander organisasies hande vat om saam […]
Forum Nuus: AfriForum skop Boomplantmaand-projek in Pretoria af 04-09-2023
0
01:54

Forum Nuus: AfriForum skop Boomplantmaand-projek in Pretoria af 04-09-2023

AfriForum het vandag hul Boomplantmaand-projek by Wolwespruit in die ooste van Pretoria afgeskop. Tien inheemse witolienhoutboompies is aangeplant op ’n groenstrook waar indringer bome vroeër verwyder is. Die witolienhout is 2023 se nasionale boom van die jaar en is bekend as ’n geharde boom wat vinnig in verskeie habitatte kan groei. AfriForum is op verskeie […]
Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor rioolstortings in Parys 28-08-2023
0
02:31

Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor rioolstortings in Parys 28-08-2023

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Tebogo Manele, die waarnemende munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, in Parys ingedien oor voortdurende rioolstortings in die Vaalrivier. AfriForum het drie jaar gelede ’n samewerkingsooreenkoms met die munisipaliteit aangegaan, maar ná AfriForum voorstelle gemaak het oor hoe om dienste in die dorp te verbeter, het die munisipaliteit […]
Forum Nuus: Noordstreek-takke sê #OnsSalSelf tydens beraad 28-08-2023
0
04:12

Forum Nuus: Noordstreek-takke sê #OnsSalSelf tydens beraad 28-08-2023

Al gaan baie dorpe en stede in die land gebuk onder munisipale verval, is daar roepingsgedrewe mense wat sê ons sal self, ons gaan ’n toekoms skep ongeag die onbekwame owerhede en dit gee ’n mens hoop, het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê tydens die derde en laaste streeksberaad van die burgerregteorganisasie. Takke […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:10

Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê

AfriForum se Garsfontein-tak, wat Faerie Glen insluit, het Saterdag in samewerking met Forum Sekuriteit en Golan Tactical op versoek van Betsie Basson, wyksraadslid vir Wyk 45 in Pretoria, vragmotors vol vullis uit die Garsfontein-omgewing weggery. AfriForum het op 8 Augustus aangebied om die Tshwane Metro te help met vullisverwydering ná ’n voortslepende staking die Metro […]
Forum Nuus: Takke beraam planne vir toekoms by AfriForum-beraad 21-08-2023
0
03:48

Forum Nuus: Takke beraam planne vir toekoms by AfriForum-beraad 21-08-2023

AfriForum se takke in die sentraalstreek het die afgelope naweek die organisasie se beraad in Bloemfontein bygewoon waar daar op die tema “Ons sal self” gefokus is. Die onderskeie takke het beplan vir die toekoms, skouers geskuur en kennis gedeel om hulle nog beter in staat te stel om hul gemeenskappe te dien. Die sentraalstreek […]
Forum Nuus: AfriForum-takverteenwoordigers leer baie by suidstreeksberaad 14-08-2023
0
03:53

Forum Nuus: AfriForum-takverteenwoordigers leer baie by suidstreeksberaad 14-08-2023

AfriForum se suidstreekberaad is die afgelope naweek in Kaapstad gehou waar verskeie takverteenwoordigers toegerus is met vaardighede waarmee hulle verder in hul eie dorpe kan gaan woeker. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het by die beraad gesê hy is opgewonde oor die groei wat AfriForum oor die laaste paar jaar in veral die Wes-Kaap […]
Forum Nuus: AfriForum in hof om hernuwing van rybewyskaarte te stop 08-08-2023
0
01:11

Forum Nuus: AfriForum in hof om hernuwing van rybewyskaarte te stop 08-08-2023

AfriForum het ’n aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die hernuwing van bestuurslisensiekaarte af te skaf. Dit volg ná die burgerregteorganisasie verskeie klagtes van die publiek ontvang het oor die probleme wat ondervind word om dié kaarte te hernu. AfriForum se regspan het in die hof aangevoer dat die Nasionale Padverkeerswet nie voorsiening […]
Forum Nuus: AfriForum-takke toets water vir jaarlikse blou-en-groendruppelverslag 01-08-2023
0
02:24

Forum Nuus: AfriForum-takke toets water vir jaarlikse blou-en-groendruppelverslag 01-08-2023

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek afgeskop. Die boorgatwater by Laerskool Warmbad, asook die munisipale water by dié skool se koshuis is as deel van die projek getoets. Toetse is ook by die dorp se rioolsuiweringswerke gedoen. AfriForum se takke landwyd gaan in Augustus hul onderskeie dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool […]