Forum Nuus: AfriForum oorhandig memorandum oor plaasaanvalle aan Ramaphosa se kantoor 12-10-2023

AfriForum het vandag ’n memorandum aan president Cyril Ramaphosa se kantoor oorhandig waarin wrede feite van plaasaanvalle en -moorde gestel word. Dit wys ook op die regering se dwase ontkenning van die krisis en sit AfriForum se eie oplossing vir landelike veiligheid deur middel van gemeenskapveiligheidstrukture uiteen. Die oorhandiging van die memorandum volg op die regering se jarelange versuim om sy plig na te kom om alle burgers, maar veral die plaasgemeenskap, veilig te hou. Daar was tussen 2019 en 2022, volgens die SAPD, 1 402 plaasaanvalle en plaasmoordvoorvalle in die land.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.