Forum Nuus: Blou-en-groendruppelverslag skets kommerwekkende prentjie oor watergehalte 15-11-2023

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelverslag by ’n stukkende rioolpompstasie in Vereeniging bekendgestel om die verval van munisipale infrastruktuur ten toon te stel. Luidens dié verslag het net 19% van die rioolafvalwaterbehandelingswerke (RAWBW’e) wat vanjaar getoets is aan die minimum standaarde voldoen. Dit beteken dat die water wat RAWBW’e in riviere stort, in ’n kommerwekkende 81% van gevalle nie voldoende behandel is nie. Die land se drinkwater voldoen in ’n groot mate aan die minimumvereistes. Uit die byna 200 dorpe en stede was net agt dorpe – vyf in Mpumalanga, twee in die Vrystaat en een in KwaZulu-Natal – se drinkwater nie geskik vir menslike gebruik nie toe die toetse uitgevoer is. AfriForum het reeds met dié dorpe se munisipaliteite in verbinding getree sodat die nodige stappe gedoen kan word om dit reg te stel. Volgens Marais de Vaal, raadgewer vir Omgewingsake by AfriForum, is vanjaar se uitslae ’n bron tot kommer wat die bestuur van Suid-Afrika se watervoorsieningsketting betref.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.