Die AfriForum-tak in Deneysville is in Desember 2022 gestig en dié tak het al heelwat projekte aangepak om hierdie Vrystaatse dorp op te knap. Die tak is tans besig om slaggate in die dorp te herstel nadat die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit teer aan die tak beskikbaar gestel het. Die tak het reeds 200 sakkies teer gebruik om slaggate te herstel om die paaie te verbeter en veiliger vir motoriste te maak. Dié tak het ook begin om die stormwaterdreine skoon te maak en die padtekens nuut oor te verf sodat dit weer duidelik sigbaar is.
