AfriForum se suidstreekberaad is die afgelope naweek in Kaapstad gehou waar verskeie takverteenwoordigers toegerus is met vaardighede waarmee hulle verder in hul eie dorpe kan gaan woeker. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het by die beraad gesê hy is opgewonde oor die groei wat AfriForum oor die laaste paar jaar in veral die Wes-Kaap getoon het.
