AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek afgeskop. Die boorgatwater by Laerskool Warmbad, asook die munisipale water by dié skool se koshuis is as deel van die projek getoets. Toetse is ook by die dorp se rioolsuiweringswerke gedoen. AfriForum se takke landwyd gaan in Augustus hul onderskeie dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool (groendruppel) toets. Indien die drinkwater of verwerkte riool nie aan die voorgeskrewe standaarde voldoen nie, sal AfriForum die onderskeie gemeenskappe dadelik in kennis stel en die nodige stappe doen om skoon en veilige drinkwater te verseker. AfriForum sal later vanjaar die uitslae van die toetse in die organisasie se blou-en-groendruppelverslag bekend maak.
